Ek neem aan daar is groot opgewondenheid oor die TRIL kliniek wat in Dublin oopmaak.
Dit lyk my die Iere is aan die snykant van moderne medisyne wanneer dit by mans se seksuele gesondheid kom. Uiteindelik het Ierse mans iets anders behalwe die internet en selfbewuste geselsies met vriende om hulle te help as daar iets fout gaan met hulle penisse.
Dit is vir my snaaks dat hulle die Afrikaanse naam gebruik, maar dit is seker om nie hulle bure te ontstel nie. Ek neem aan PENIS Clinic sou so bietjie skurf geklink het.
Ek het nou nog net die opskrif gelees en sal later by die artikel uitkom. Ek het net gedink dit is goed dat ek dadelik my ondersteuning duidelik maak en sê “Mooi so!”.
As iemand weer ‘n grappie maak oor hoe dom die Iere is gaan ek hulle reghelp.
Foto hier gekry.
Geen.


