Ek en Julius Malema stem saam oor iets!

Julius Malema

Julius Malema en die ANCYL glo dat dit ‘n verleentheid sou wees om ‘n president te hê wat tereg staan op aanklagte van korrupsie. Ek het nooit gedink ek sou met die kwaskop saamstem nie, maar ek doen.

Ja Julius dit sal, om dit ligtelik te stel, ‘n verleentheid wees. Amper so groot verleentheid soos om ‘n president te hê wat al aangekla was van verkragting, op ‘n lid van sy vêrlangse familie, wie HIV positief is. Amper so bliksems aarde-sluk-my-tog-net-fokken-in ‘embarrassing’ soos om ‘n president te hê wat glo ‘n lekker stort is ‘n effektiewe teenvoeter vir VIGS. Amper so ‘n verleentheid soos om ‘n president te hê wat veronderstel was om vervolg te word vir ‘n paar dosyn aanklagte van korrupsie en bedrog, maar nie is nie, omdat dit ‘n verleentheid sou wees as hy was.

Relevante Stukkies:

  1. Kalmeer nou oor die sigarette en doen iets oor die gesuip!
You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed