Nov 12

Ek het anoreksie oorwin!

Category: Uncategorized

Sien asb die ernstige post oor anoreksie
Dit is vir my interessant dat daar waarskuwings op amper alles is deesdae. Die eerste 2 of 3 bladsye van ‘n produk se handleiding is waarskuwings. Moenie in die bad jou hare droog blaas nie, moenie jou groot skerm plasma TV buite langs die braai installeer nie, moenie die stofsuier gebruik in plaas van orale seks nie. Goed soos sigarette mag nie eers verkoop word sonder om aan te dui dat jy kanker, hartskade, longkwale, voetskimmel en vigs kan kry nie.

Ek dink natuurlik dat hulle die menslike ‘gene pool’ groot skade berokken met die waarskuwings. Die ou wat dom genoeg is om ‘n haardroër in die bad te gebruik, is dalk iemand wat verwyder moet word voordat hy kan aanteel.
Ek is nie ‘n profeet nie maar ek sê jou nou een ding, dit is maksimum 5 jaar voor die Amerikaners gaan begin om waarskuwings op McDonald’s en KFC’s te sit. ‘n Hoë kalorie dieet op ‘n lae kalorie leefstyl maak jou vet.
Ek dink darem nie hulle sal so vêr gaan om jou weg te moet wys of verban nie. Maar dink net hoe snaaks sal dit wees om al daai oorgewig mense buite die McDonalds te sien rondhang, na hulle verban is omdat hulle BMI volgens wet te hoog is, en vir vreemdelinge ‘n paar rand in die hand stop en vra om iets uit te bring. “Ag Jirre meneer, asseblief, ek is van Rustenburg af en my kar staan net hier om die hoek. Asseblief meneer, hier is R100, as jy net 4 big Macs ‘n large Coke en supersize chips kan uitbring”

Sien asb die ernstige post oor anoreksie

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?