
Ek het so ruk terug gesê hoe min tyd ek het vir bootmense. Hulle is die ergste tipe tappets, naamlik tappits met geld.
Jy moes nou al gehoor het van die ongeluk op die Vaalrivier waar ‘n dom dronk bootpoephol in een van daai ‘barges’ vas gery het wat mense gebruik vir maatskappy ‘sundowner cruises’ of meer akkuraat ‘booze cruizes’. Toe ek die eerste daarvan gehoor het, het ek gesê “Daai drol was dronk”. My eerste leidraad was dat hy in ‘n ‘barge’ vasgejaag het, wat amper is soos om uit ‘n boom uit te val en die grond te mis. Daai goed beweeg donders stadig en is omtrent so groot soos ‘n Putco bus. My tweede leidraad dat hy gesuip was, is die feit dat hy ‘n bootmens is, hulle is altyd gesuip.
Hy sit nou in die tjoekie en wag vir sy eerste hofverskyning.
Die groot jammerte is dat ek weet die dom bliksem nie regtig weet wat hy verkeerd gedoen het nie. Hy is amper vir seker die tipe ou wie se verskoning vir alles is “Mar ek was gesuip!”
Aanklaer: “Mnr Visser, ek stel dit aan u dat u met roekelose nalatigheid, u motorboot, onder die invloed van drank, in ‘n vlot vasgejaag het en die dood van Mnr Moreira veroorsaak het. Wat antwoord jy hierop?”
Bootpoephol: “Maar ek was gesuip! Vra my tjomme, ek het al op ‘n vol bottel brannas en sewe Savanna’s getrek!”
Relevante Stukkies:


Ek weet nie of daar fout is met my se oë nie, maar ek kan nie die boot raaksien nie. Is jy seker daar’s een??
Ja nee Wors, hulle is ‘n ander dam se gans spesie op hulle eie. Ek het op ‘n stadium by Dronkwordspruit dam gebly en het ‘n hele paar vreemde goed aanskou!! Dis darem so eienaardig, as iemand baie geld kry/steel/wen, ‘n boot die eerste ding is wat gewoonlik gekoop word. Skielik het jy fokken baie vriende en die resep vir kak begin net daar groei!!
Meeste poepolle het nie die vaagste idee hoe om ‘n boot te bestuur nie, maar solank die drank vloei dink hy hy’s Hans die Skipper. Dat daar nie meer ongelukke is nie, is my gat se deksel.
Hey!! Wie het my niggie afgeneem??!!
Ja…visvang…. Ek het my eerste ou vissie gevang op 4 en het verlede Desember die voorreg gehad om vir 4 dae te gaan diepsee vir Marlyne..Het toe nou n vissie gevang maar net n Bonnita, darm so half groterige ene…maar ek is BESLIS nie n damduiker nie… n Damduiker is nie iemand wat in n dam visvang nie (ek bly langs n dam en ons maak maar lyntjies nat), n damduiker is die armsalige kinders van die drolle wat heeltemal oorweldig word as hulle kerriepap ruik, hulself in hul moer drink voor 11 die oggend en al die borrels in die dam moer..die kinders moet die emties dan die oggend gaan uitduik om in die ruil by die kafie vir sigret/coke/brannies geld…dis damduikers…
Wow Lisa, kerriepap! Ek het so geheime kerriepappie (wel eintlik broodjie) wat ek vervaardig wat gat skop.
Dankie dankie dankie Lisa! Nou weet ek waar ‘damduiker’ vandaan kom. My pa het altyd gepraat van damduikers, kanaalbabers, tappits en mak muile, en daar was subtiele verskille wat ek nou nog sukkel om te ontleed, ek sal my pa moet vra.