Jul 8

Ek is jammer dat ek nie ‘n Michael Jackson aanhanger is nie!

Category: Glo jy die kak?

michael-jackson-neverland

Een van die grootste foute wat jy in jou lewe kan maak, is om te dink dat ander mense net soos jy dink. Ons het almal daardie geneigdheid, maar jy MOET dit beveg!

Jy mag dalk dink die kyk in mense se oë as hulle jou ge-’dropte’ GTi, met die vlerkie, ‘split rims’ en neon ligte sien, intense jaloesie en hunkering is. Dit is nie. 8 uit 10 keer is dit verbasing. Verbasing dat iemand so groot poephol kan wees sonder om dit te weet.

Die koerante doen dit nou al weke lank met my. Hulle basuin Michael Jackson se lof uit. Hulle gebruik terme soos “verbysterende talent”, “koning van pop” en so aan met taalgebruik wat dit as vanselfsprekend aanvaar dat jy een honderd persent saamstem.

Ek is regtig jammer om julle teleur te stel, maar ek het nooit regtig van die ou gehou nie. Hy het so paar heel skaflike liedjies geskryf, ek dink nou aan ‘Beat It’, ‘Bad’ en ‘Billy Jean’, maar ek is nie een van die honderde miljoene wat ‘n album gekoop het nie. Sy stem, met die sluk sluk, en die gehikkery, raak vir my net te rof. Hy is ook ‘n moeilike ou om erstig op te neem, en nog moeiliker om te verafgod, soos hierdie (Rian van Heerden) ou aanneem ons almal gedoen het.  Ek besef ek is in die minderheid, so ek bly stil en blaai verby die artikels.

Die ander mense wat ook redelik baie dinge veronderstel wat nie noodwendig waar is nie, is die mense wat Michael Jackson grappies aanstuur met sms’e en e-posse. Die feit dat hy dood is, is vir my ongemaklik hartseer omdat dit so pateties was. Daar gaan hy, amper stoksielalleen, behalwe vir die mediese personeel, met ‘n suurstof maskertjie oor sy vernielde plastiek gesiggie, aan ‘n hartaanval dood, wat dalk aangehelp is deur die ontsaglike hoeveelheid medikasie wat hy wou/moes gebruik het. As dit vir jou lagwekkend is, moet jy dalk diepe selfondersoek doen, en miskien selfs professionele hulp kry.

Niemand sal weet of hy regtig ‘n pedofiel was of nie, en net soos met Jacob Zuma se korrupsie aanklagte, sal niemand nou ooit weet nie. Dit is, met ander woorde, vir my moeilik om wraaksugtige gedagtes oor hom te koester.

Ek is nie besig om te kak en kla nie, ek sê maar net……..

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
4 comments

4 Comments so far

  1. Nick July 15th, 2009 4:02 pm

    Howzit

    Stem baie hiermee saam. Ek was ook baie ‘sad’ toe ek hoor hy dood is, nadat die afgelope paar jaar so tragies was inelkgeval.

    Het ook zero van sy albums gekoop, maar natuurlik baie van sy ‘early stuff’ gehou, soos wat jy noem.

    Ek dink ons kan baie van hom leer, ten opsigte van wat dit wys van ons. Hy’t homself gehaat – wel, hoe hy lyk. Baie van dit het van homself gekom. Hy’t ook vir homself en ander gelieg, net soos die media lieg en twee gesig, een minuut se hulle hy is a freak, dan ‘n hero, en skielik gebruik hulle net fotos van hom uit die 80′s.

    Was hy ‘n gay pedofiel? Heel waarskynlik. Hoekom wou hy soos ‘n vrou lyk? Hoekom, die aand nadat hy sy kop gebrand het, in die Pepsi ad, het hy Dexter uitgeneem vir ete, van daarna die outjie gebad ens. Hy was ‘n groot manipuleerder. Was hy ‘n nice mens? Maybe. Minder ‘n skurk as jy Pa Joe. Maar wys ook dat iemand wat baie geld het maar kak judgement – wat hulle aan hulself kan doen as niemand hulle teenstaan nie.

  2. Worsbeursie July 15th, 2009 4:52 pm

    Snaaks dat jy dit noem, ek glo ook hy het glad nie van homself gehou nie. Hy wou so graag iemand anders wees.

    Dit is moeilik om so iemand te verafgod, maar dit is wat miljoene mense gedoen het. Vreemd….

  3. Nick July 16th, 2009 12:34 pm

    Het vandag van hierdie ou ook gelees
    http://tv.yahoo.com/news/article/tv.accesshollywood.com/bruce-jenner-family-his-plastic-surgery-20090715;

    Ek dink die meeste mense haat hulself, en dan verander hoe hulle lyk deur om hulself te sny ens. As jy iemand ken wat dit al gedoen het, dit is fokken seer. Dan doen hulle dit oor en oor. So daar is daai groep, wat zero self esteem het, en dan die groep wat sien hoe ander aangaan en is so verlief op hulself hulle sal enigiets doen vir aandag. Albei is siek.

    Ek glo as jy op jou beste wil lyk, gaan oefen. Bou natuurlike spiere, natuurlike gesondheid. Wie wil nou met ‘n stuk plastiek sit?

  4. Worsbeursie July 16th, 2009 2:22 pm

    ‘n Ander aspek van die hele ding is as jou liggaamsbeeld met jou selfbeeld begin inmeng. Die feit dat jy oorgewig is, rooi hare en sproete het, of dalk net vreeslike skewe tande, is nie veronderstel om jou selfbeeld aan te tas nie, net jou liggaamsbeeld. Dit maak jou immers nie ‘n swakker of slegter mens omdat jy vreemd of anders lyk nie. Sommige mense het baie meer met hulle ‘fout’ as rooi hare (nie dat rooi hare ‘n ‘fout’ is nie, baie rooikoppe is bliksems sexy!), soos ‘n swak hart, hemel-hoë cholesterol of ‘n skulpvis allergie, maar omdat niemand dit kan sien nie, maak dit nie juis ‘n groot verskil aan hulle selfbeeld nie.
    Die mensdom is heeltemal te oppervlakkig, en dit is regtig jammer, maar dit gaan nie gou verander nie. Ek wens net so paar mense kon dit besef, en hulle waarde begin skat aan wat hulle weet en hoe hulle is, nie hoe hulle lyk nie, want soos in Bruce Jenner se geval hierbo, is daar nie veel wat jy daaraan kan verander sonder om soos ‘n frats te lyk nie.

Wat is jou gedagtes?