Ek praat met dooie mense, nee nie regtig nie.

i_see_dead_people

Speel gou vir ‘n paar sekondes saam. Jy moet my help om deur te kom na die ‘ander kant’.  Ek gaan gou een van jou oorlede kennisse kontak, maar ek het jou hulp nodig. Ek kry net flitse, en wasige beelde. Ek interpreteer hierdie beelde, soos ek hulle sien, en jy moet asseblief probeer sin maak daarvan. Ek kry ‘n naam, ‘n ‘J’, of ‘n ‘K’, Kobus, Koos, Karel, Jaco, maar dit is ‘n korterige naam. Wat sê jy? Kobus? Ja, ja, Kobus, dit is ‘n ouer man, op ‘n vlak hoër as jy, ‘n oupa, oom, ouer broer? O, goed dan, oupa. Oupa Kobus, wil jou graag erken. Hy wys my ‘n koek, is daar ‘n verjaarsdag of herdenking wat nou onlangs gevier is? Verjaarsdag? Goed dan, hy wil vir jou sê hy was daar, by klein Kobus se verjaarsdag, en hy sê geluk. Hy kom deur as ‘n streng oom, maar met ‘n ligte sy vir die mense wat hy lief het. Wel baie dankie, hy is besig om weg te beweeg, maar hy sê jy moet nie bekommer oor die geld nie, dit is nie alles nie.

Oraait, voor jy dink ek is met die jelmit gebore, ek het vir jou probeer verduidelik hoe werk ‘Cold Reading’.

John Edward gaan binnekort hier kom optree, nee regtig. Koop sommer vir jou ‘n kaartjie by Computicket. Maar wag so oomblik voor jy doen. Ek kan ongelukkig nie met 100% sekerheid sê dat John Edward ‘n geslepe fokker is wat vir mense lieg om hulle geld te vat nie, maar as die eerste paragraaf vir jou bekend klink, dink tog asseblief vir 5 minute voor jy jou geld uitgee.

Wat ek doen in die eerste paragraaf is om jou hulp in te win om jou sodoende deel te maak van jou eie misleiding. Daarna, deur in ag te neem dat jy ‘n Afrikaanse blog lees, vat ek ‘n moerse kans en raai dat jy self Afrikaans is. Die volgende wilde raaiskoot is dat jy dalk, soos meeste ander Afrikaanse blog lesers tussen ongeveer 25 en 35 is, en dus baie moontlik al ‘n oom, oupa, of selfs pa verloor het aan die dood. Jacobus en al sy noemname is ook die mees populêre Afrikaanse naam. Deur iets te sê soos “Streng maar sag” of “Vriendelik tot hy kwaad word” of “Suinig maar vrygewig op tye” beskryf ek 95% van mense. Dit klink spesifiek, maar dit is nie eers amper nie. Daar is net 12 maande in ‘n jaar, en as jy meer as 12 mense ken, is die kanse bliksems goed dat jy nou onlangs ‘n verjaarsdag of huweliksherdenking gevier het. As jy op ‘n stadium sou begin “Nee” antwoord, maak ek dit of jou skuld omdat jy ‘n kak geheue het, of ek sê “Wag wag, ek dink dit is vir iemand anders in die gehoor waarvoor Kobus, Karl, Koos of Kakhuis probeer deurkom”.

Ons noem dit in Engels, ‘Cold Reading’. Google hom, jy sal verstom wees.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

4 Responses to “Ek praat met dooie mense, nee nie regtig nie.”

  1. Lisa Lisa says:

    Dis altyd vir my moer snaaks! Tot ek sien hoe emosioneel dit die arme dwase mense maak wat actually betaal om na sulke kak te gaan luister. Soos onse eie Marietta wat gewoonlik vir my lyk of sy een van die “geeste” is wat sy kwansuis mee “chat”

    Sies vir julle, julle selfsugtige bedriers!

    Fokkers!!!!

  2. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Jip, fokkers!
    Dit is regtig hartseer hoe graag mense wil glo, so graag dat hulle enige stront glo. Selfs nadat daar wild geredigeer is aan die shows, is dit steeds skokkend hoe min informasie van die ‘siener’ af kom, en nie van die slagoffer nie. Dan is daar al die foute wat hulle maak, die mense ignoreer net eenvoudig al die foute, en gaan mal oor die goed wat reg is.

  3. Lisa Lisa says:

    Het julle gesien onse langerige korterige dikkerige dunnerige Marietta is terug?

  4. Worsbeursie says:

    :D Ek het gelukkig geen idee van wie jy praat nie, maar die feit dat al die ander psychics kakpratende leuenaars is beteken nie dat sy nie dalk die enigste ‘genuine article’ is nie.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed