Eugene Terre’Blanche

As jy op Mars was vir die afgelope paar dae, Eugene Terre’Blanche is Saterdag in sy huis vermoor.

Toe iemand my heel eerste die nuus vertel, het ek gewag vir die punchline. Regtig, dit het begin soos ‘n grap – “Het jy gehoor Eugene Terre’Blanche is gister in sy huis vermoor?”. Ek het gewag vir die punchline – “Hulle sê dit was die Black Label wat dit gedoen het”, of iets, maar dit was nie ‘n grap nie. Toe dit tot my deurdring dat hy regtig dood is, het ek nie geweet hoe om te voel nie.

Eugene was altyd vir my meer karakter as mens. Dit is soos om ‘n foto van ‘n bebloede Kersvader te sien nadat hy sy slee gerol het, met die dooie takbokke en klokkies wat die pad vol lê. Dit is tragies.

Dit is tragies, maar nie omdat my held oorlede is nie. Ek sien dit nie as ‘n persoonlike aanval nie. Eugene was nooit iemand met wie ek enigsins kon assosieer nie. Die AWB was nog altyd, ten spyte van die beeld wat hulle wou uitstraal, ‘n groep omies wat dit geniet om uniforms aan te trek oor hulle boeppense en so bietjie saam met die manne ‘n paar langes te gooi en praat oor hoeveel hulle die k*****s haat. My pa sukkel nog altyd om van hulle te praat sonder om die woorde brandewyn en ‘n paar ‘fokkens’ en ‘poepholle’ in te gooi.

Nou is dit vir my so frustrerend dat mense wat 4 dae gelede net negatiewe dinge van Eugene sou gesê het, hom op een of ander on-fokken-verklaarbare wyse omskep in die verpersoonliking van alles Afrikaner. Nee fokkit mense, ons het groter en beter mense gehad om ons identiteit mee te verbind. Eintlik is ek glad nie te vinde daarvoor om jou identiteit op enigiemand te skoei nie. Vra maar vir Jimmy Swaggart se dissipels, en al die ouens wat Tiger Woods aanbid het.

Dink bietjie so daaraan – as jy gehoor het van ‘n plaasboer, wat ‘n paar jaar in die tronk spandeer het omdat hy ‘n petroljoggie so aangerand het dat hy breinskade het, wat vermoor is in sy huis omdat hy nie sy werkers wou betaal nie, sou jy regtig dieselfde gevoel het?

Ek is regtig jammer oor Eugene se dood, en ek glo daar was mense vir wie hy baie beteken het, en hulle het my innige simpatie.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

One Response to “Eugene Terre’Blanche”

  1. VerdantSF says:

    Dit is ‘n goeie punt, alhoewel Malema se onlangse kommentaar nie help nie. Wat ‘n gemors.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed