Facebook Christene

Ek hoop nou nie ek trap op tone hier nie, maar ek kan nie die enigste een wees nie! Ek haat die “I’m the biggest Christian ever, and Jesus loves me so much it gives me headaches, I’m praying right now, seriously” en “JESUS ROCKS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! IF YOU AGREE COPY THIS TO YOUR STATUS AND LIKE IT! IF YOU DON’T JESUS WILL GET REALLY ANNOYED AND GIVE YOU AIDS” groepe op Facebook. Ek is gelukkig nie verslaaf aan Facebook nie, en gaan loer net in, maar ek het nou ongelukkig so paar vriende gemaak wat UITSLUITLIK hierdie kak op hulle statusse sit.

Kan jy so skuldig voel oor die lae kakhuis waarin jy verander het dat jy jou gewete sus met hierdie stront? As jy eendag by jou oordeelsdag uitkom, dink jy werklik dat Petrus vir jou gaan sê “Man, jy was heel oraait, en ons sien hier jy is gedoop en………. ja, hier is dit…….hart gegee….bla bla bla – O toggie, ons het ‘n probleempie hier. Ken jy Facebook?”. Ek dink meeste van hierdie mense dink hulle “laat hulle lig skyn” of iets. En ek kan jou waarborg 90% van die mense wat dit lees dink “Fokkit maar die ou hou vir hom heilig! Dink hy sy poep stink nie?”

Dink net bietjie oor die motivering agter wat jy doen.

Be Sociable, Share!

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

3 Responses to “Facebook Christene”

  1. Doosdief Dries says:

    Ek stem 100% saam met jou!! Asof Facebook hulle eendag in die hemel gaan bring!!

  2. Pielneef Pielneef says:

    Man, jy is n man, ne. n Man nae aan my hart. Ek het nou net onslae geraak van so n klomp van hierdie soort bygelowige ex-vriende op f-book. Ek se, delete hulle!

  3. lunanoir lunanoir says:

    ek word oorval deur soetjiespoeperige emails van hasies en engeltjies en kak wat ek by voorbaat delete sonder om te lees. maar ek is ook te christelik om vir die vrou te mail en haar te laat weet in geen onsekere terme dat ek nie ‘n fok nog so shmaltzy email voor my oë kan verdra nie. sug

    die grootste landrasvarke wat ek nogooit ontmoet het, het so met hulle christenskap geloop en spog tot hulle jou uit geld geshnaai het en dan verdwyn het soos mis voor die son. Moet nooit besigheid doen met iemand wat so christelik is dat hy ‘n vissie op sy besigheidskaartjie moet sit nie. dis vals en wat de fok het dit met besigheid te doen??

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed