Feb 17

Foto’s in Heat van Joost

Category: Uncategorized

joost-cover

My vrou het die Heat huis toe gebring vandag. Ek kon nou uiteindelik so paar van die foto’s goed bestudeer. Hulle is baie skugter met die foto’s, so gaan koop nou maar ‘n Heat en ondersteun die aasvoëls wat teer op ander se ondergang.

Ek moet vir jou sê, dit lyk nie goed nie. Wel, ‘nie goed nie’ soos in ‘amateur pornografie’ nie goed nie, en ‘daai lyk bliksems baie soos Joost’ nie goed nie.

Daar is tog klein goedjies wat nie heeltemal soos Joost lyk nie, maar dit kan beslis hy wees.

Wat gebeur nou as niemand kan sê nie? Dit sal nou regtig suig, om geen defnitiewe antwoord te hê nie. Daar moet tog iets soos stem analise sagteware of iets wees wat gedoen kan word.

Hier kom ons nou weer by wat ek heel eerste gesê het.  As jy die rock ‘n roll leefstyl gaan leef, maak seker mense weet jy is ‘n rocker. As jy die hoë profiel, goeie Christen, skoolseun rolmodel leefstyl gaan leef, moet jy daarby bly. Niemand sal ‘n dooie donder omgee as Corrie kaalgat gevang word met ‘n ‘danseres’ en ‘wit poeier’ nie. Corrie man, Corrie Visagie………….donker hare, liggiese krul? Hy het met Susan by kredietbeheer uitgegaan vir ‘n ruk? Corrie, van bemarking op 2 de vloer? Sien jy kan ook nie ‘n moer omgee nie.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
2 comments

2 Comments so far

  1. Bul February 21st, 2009 11:48 am

    Breaking news : Joost se sex tape n fake want geen bloubull kan vir 30min stoot nie

  2. StormersBO March 17th, 2009 11:18 pm

    Nog n ou stekie in Joost se rigting

    Steve Hofmeyer het aangekondig dat hy sy “Bloubul” liedjie sal aanpas

    en dit sal in die toekoms heet: Die Blou Bul snuif nie van ‘n hoer af nie!!!!

    Met eerlikheid dan is dit met komplimente vanaf die doos
    http://lagjoudoos.co.za/bloubul-liedjies-joost-en-steve/

Wat is jou gedagtes?