Frans Ludeke en die Bulls, Waddefok?

Die \

Frans Ludeke het kaal foto’s van iemand hoog op in die Bulls bestuur se suster, of dalk ma en dryg om dit op die net vry te stel. Ek het ‘n vermoede hulle is baie skurf. Dit is al manier waarop daai ou nog sy job kan hê.

Die finale leidraad was toe hulle 7 games in ‘n ry verloor het en die Bulle se bestuur gesê het: “Ons is tot dusver gelukkig met Frans”. Waddefok? Ek dink as jy mooi gekyk het sou jy die sweet op hulle voorkoppe kon sien met Frans in die agtergrond wat op sy hempsak met die foto’s in tik en skelm knipoog vir Barend van Graan.

Die ander alternatief is dat die hele Bulls bestuur op swaar gewoontevormende dwelms is. Iets soos ‘n tik pyp getrek deur dagga deurweekte sokkies*.

Hoe het hulle gedink gaan die hele ding uitdraai? “Haai, ek weet van ‘n ou wat uitstekende talent kan laat rugby speel soos Putsonderwater se onder 14 meisies waterpolo span! Hy het in 2006 se Super 14 net twee games gewen uit 13! Kom ons kry hom!” WADDEFOK!?

Ons moet almal styf duim vashou vir die Bulle. Steve Hofmeyer se musiek loopbaan en Doctor Hlatswayo se na-maaksel rugby-trui besigheid (h/v N1 en William Nicol) hang daarvan af.

*Moenie die tik pyp metode probeer nie. Dit gaan jou van ‘n kant af opfok en ek het nie geld vir die regskostes nie. Eintlik moet jy geen metode van tik probeer nie. Hoeveel (behalwe die parlement) suksesvolle tik rokers ken jy? Los daai kak vir die Souswurms, Americans en ander Cape Flats gangs.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

7 Responses to “Frans Ludeke en die Bulls, Waddefok?”

  1. Robert says:

    Maar as ek nie tik probeer nie, hoe gaan ons dan kommunikeer?

  2. Sluk jy jou woorde? says:

    Een jaar later en Frans Ludeke het die Putsonderwater se onder 14 meisies waterpolo span tot in die Super 14 finaal gebring.
    Nou kak Eugene Eloff af, ek wonder watter span HY volgende jaar tot in die finaal gaan lei?

  3. Worsbeursie Worsbeursie says:

    O ja, ek sluk my woorde geheel en al. Die omkeer was iets besonders om te sien. En na die game teen die Crusaders sal dit regtig teen alles wat goed en ordentlik is invaar as hulle sou verloor.

    Daar is nog steeds iets wat die hel uit my uit pla. Dat elke Jan Rap en sy maat nou Bulls fans is. Skielik word Blou Bul truie verkoop, by die rekord getalle verby, in plekke soos VanderBijlpark. Elke dronkgat jaag in sy tuisdorp rond met blou vlae wat by die ruit van sy bakkie uit wapper en ‘n klomp dose agterop wat vir almal wat wil, of nie wil hoor nie, gil “BULLE!!”. Waar was daai poepholle so paar jaar terug? Mens ondersteun mos nie net die span wat op die oomblik wen nie?

    Ek voel jammer vir al die ou Bulls fans wat in die donker dae gesê het “Wag maar, julle sal nog sien”, want almal het nou gesien, en in plaas van jammer sê spring hulle net agter op die bakkie en skree saam “BULLE!”

  4. Trilwillem Trilwillem says:

    Kyk, as Bulls supporter kan ek darem sê dat Frans Ludeke dit reggekry het om ‘n Super 14 wenner te vat van een jaar en hom in 10de plek in die volgende jaar in te speel. Dit vat darem baie moeite veral as die span relatief dieselfde klomp spelers is. Maar ek is natuurlik bly dat die Bulle vir Frans kon leer hoe om af te rig en te laat voel hoe voel dit om ‘n wenspan af te rig

  5. lip says:

    Ek moet se ek hoop die man wat aanvanklik al hierdie crap geskryf het se mond is uitgewas met seep en dat hy iets geleeer het van rugby. Nog beter ek is seker ons kan vir hom ‘n afspraak reel by die Bulle om saam met Frans Ludeke tyd te spandeer om dalk iets van rugby te leer, want die skrywer van heirdie twak kyk seker Ausie Rules en dink dit is rugby of so iets.
    Kry DSTV en kyk bietjie hoe rugby gespeel word!!!

  6. Worsbeursie Worsbeursie says:

    So hulle het nie 7 games in ‘n ry verloor nie, en Frans Ludeke het nie net 2 games uit 13 gewen in 2006 nie? Jy besef hulle het 10de geëindig in 2008? Uit 14 spanne (vandaar die naam Super 14).
    Het jy ooit na die datum gekyk op die inskrywing? Is jy eintlik Frans Ludeke en jy voel persoonlik gekrenk? Is jy en Frans intiem betrokke, en jy voel jy moet sy eer beskerm? Is jy sommer net lus vir kak soek in ‘n anonieme omgewing sonder nagevolge vir die kak wat jy praat, soos die internet?
    Ek kon lank reeds die inskrywing afgehaal het, want die Bulle het natuurlik, soos almal weet (selfs die ouens sonder DSTV) hulself mooi reggeruk. Ek het gedink dat almal sou besef dat dit 2008 was, en dat die Bulle van Super 14 kampioene, na 10de plek geval het, en dat dit kak is. Wys jou net…….

  7. Trilwillem Trilwillem says:

    Ek dink Lip het net ‘n grap gemaak! Enige persoon wat in die beskaafde wereld leef met vrye toegang tot inligting weet mos dat Frans se track record ten tye van die post in sy moer in was. Ons almal weet mos dis altyd maklik om na die tyd van beter te weet. Dus glo ek dis net ‘n grappie.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed