May 6

Gee my die eerste 100 biljoen in twintigs asseblief.

Category: Wie is 'n tril

Bewys dat dagga met jou kop rondfok? Hierdie is ‘n goeie begin.

Hierdie trilwillem roker het probeer om ‘n tjekkie vir $360 000 000 000 te wissel by sy plaaslike bank. Hoe gerook moet jy wees om met hierdie kak idee vorendag te kom? Dit is die bruto binnelandse produk van Griekeland vir vark steaks! Bill Gates wens hy kan so tjek wissel. Ek wonder of hierdie ou gedink het aan hoe hy die lorrie vol note daar gaan uitkry?

Net vir die grap moes die bank saamgespeel het. Vat hom in die kluis in, wys hom al die pakke geld en vra hom of hy tevrede sal wees met net die eerste $2 000 000 totdat hulle die res kan bymekaar skraap.

‘Gaan groot of gaan huis toe’ is ‘n ou gesegde, maar soos baie gesegdes (‘n voël in die hand is beter as ‘n steek in die bos om een te noem) is dit eintlik net ‘n goeie idee op papier maar uiters kak in die praktyk. Soveel te meer as jy lekker gerook op jou gat voor die televisie sit en stront uitdink om jou luilekker leefwyse vir ewig te kan voortsit.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?