Jan 19

Groet die grotman, in die Pick ‘n Pay.

Category: Wat vang hulle aan

horny

Ek het gister ‘n regte man in die Pick ‘n Pay gesien (of is dit nou offisieel PnP? Hel dit is ‘n kak logo). Met ‘regte man’ bedoel ek dit in die dra-’n-knuppel-rond, neandertal ‘genuine’ man sin. Hy het so rustig langs sy vrou gestaan en aan die trollie vasgehou toe daar drie relatief sexy meisies verbystap met van daai moerse sexy, R&B musiekvideo broekies aan.

Hy het so kyk op sy gesig gekry. ‘n Kyk van rou dierlike jagsheid. Hy het nie ‘n moer omgegee wie kyk nie, en sy vrou staan langs hom. Hy het nie probeer om ‘casual’ te lyk oor die hele ding nie, deur dalk ‘n opmerking te maak aan sy vrou in die lyn van “As daai my dogters was het ek hulle gatte warm geslaan”, of iets nie.

Hy was so gefokus en so duidelik jags dat dit net genade was dat hy nie sy totterman uitgepluk het en ‘aanranding met ‘n vriendelike wapen’ gepleeg het net daar in die PnP nie.

Dit is nou die tipe ou wat dronk, vol lipstick en parfuum by die huis kom waar sy vrou hom inwag,  en haar op die gat klap en sê “Jy’s volgende dikkes”.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?