Gysie “Flash” van Tonder kry ‘n motorboot

Gysie “Flash” van Tonder, Lotto wenner van so maand terug, van Turffontein in die suide van Johannesburg se eerste groot aankoop (behalwe 30 kaste bier en ‘n verloofring) was ‘n ‘customised’ boot van Performance Watercraft in Vereeniging.

“Ek het geskiem hoe ek soos nog altyd ‘n boot wou gehad het”, het ‘n baie tevrede Gysie gesê. “Ons gan op die rivier trou en hy kan ‘double’ as die trou kar”.

Gysie ontken die gerug dat hy baie graag sy troue in die Huisgenoot wil verewig as gevolg van die ongewone troue. “Ek skiem as hulle ‘n artikel wil doen gaan ek nie kwaad wees nie, maar ek doen dit nie daaroor nie”.

Performance Watercraft van Vereeniging se woordvoerder, Mike Scholtz, het gesê: “Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige gebeurtenisse van enige aard nie. Mnr. van Tonder is deeglik bewus gemaak van die feit dat ons teen ons beter wete agt 250 perdekrag motors aan die betrokke boot geheg het en is gewaarsku om nie onder enige omstandighede aan die versneller te raak nie, al die enjins moet slegs luier”.

“Daai f****n neef Barry van my was altyd so windg*t met sy boot. Nou kan hy mar langs my intrek met daai ou m*ffie bootjie van hom! Ek sal hom drop!” het ‘n opgewonde Gysie laat weet.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

One Response to “Gysie “Flash” van Tonder kry ‘n motorboot”

  1. Hasie says:

    Dit was die beste storie van die jaar.Ek kon nie asem haal van lag nie.

    Jy doen beslis jou werk my vriend.Ek is defnitief n GROOT “Fan”

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed