Sep 15

Handelsmerk lojaliteit, die ANC is koning

As McDonald’s aan my ‘n kakkerige burger verkoop, of as Windows XP my meer kak gee as wat hy werd is, is my reaksie om vir enigeen wat wil luister te sê ek gaan na die kompetisie toe, Steers kry van nou af my geld, en ek gaan leer om Linux te gebruik. Dit is die enigste manier wat ek hulle op my klein, en, om eerlik te wees, nietige manier kan seer maak.

Die beste voorbeeld van hoekom die ANC nooit sal verloor nie is Khutsong. Daai mense was so absoluut die bliksem in vir die ANC (einlik die regering, maar vir daai kiesers is dit dieselfde ding) dat hulle karre gebrand, paaie geblokkeer en klippe gegooi het. Hulle was behoorlik gatvol. Ek was nog nooit so die donder in vir enige instansie nie.

Wat is die enigste manier om ‘n politieke party seer te maak? Stemme, en almal weet dit. Kan jy dink hoe die DA hulle broeke sou natmaak van opgewondenheid as al Khutsong se kiesers besluit het ‘Ons gaan iemand anders probeer’? Hulle sal toilets insit en huise bou asof hulle lewens daarvan afhang!

Khutsong se kiesers, al was hulle absoluut befok vir die ANC, het besluit om die verkiesings te boikot. Hulle is so gekant teen enige ander party dat hulle eerder duur petrol mors op tyres brand as om net ‘n kruisie twee of drie blokkies af of op te trek.

Dit is lojaliteit! En dit lyk of dit gewerk het, want hulle gaan nou dalk hulle sin kry.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
6 comments

6 Comments so far

  1. Guy McLaren September 16th, 2008 11:05 am

    Vir n Afrikaner is jy blykbaar glad nie dom nie. Die foto het my laat snik. Dankie vir di lag.

  2. Guy McLaren September 16th, 2008 11:06 am

    gemuti en gestumble, dankie vir die lag

  3. Worsbeursie September 16th, 2008 12:19 pm

    Dankie vir die Muti en Stumble. Snaaksgenoeg se missie is om iemand êrens te laat lag, dit is my plesier, geen dankie eers nodig nie.

  4. zen September 17th, 2008 9:46 pm

    Nevermind die petrol, waar de fok krap hulle altyd die tyres uit? HQ floreer seker op civil unrest, 10teen1 sit hulle agter alles. Vandag Khutsong, more die wereld!

  5. Worsbeursie September 18th, 2008 10:04 am

    ROFL, Goeie punt Zen. Dit is dalk ‘n bonatuurlike verskynsel. Ek gaan ‘n teorie postuleer sodat ek eerste is.

    Die Worsbeursie verskynsel: In die nabyheid van genoeg ontstoke en geweldadige betogers, sal daar die proporsionele hoeveelheid buitebande materialiseer. Soos uitgedruk deur die formule 10b x (O+G)= 0.1B
    b=Betogers
    O=Ontstokenheid (Uitgedruk in VW/m of Vloekwoorde per minuut)
    G=Geweldadigheid (Uitgedruk in Kg/h of Klippe gegooi per huur)
    B=Buitebande

  6. zen September 19th, 2008 7:40 am

    =DD Jy sien, dis die kak wat hulle jou nie in die skool leer nie!

Wat is jou gedagtes?