
Na aanleiding van die swak gehalte van die Joost video, wat dalk nou uitkenning onmoontlik gaan maak, gaan ek so bietjie van ‘n ‘how to’ gids opsit vir enige voornemende rugsteker terte wat dieselfde ding beplan.
So paar handige wenke:
- Moenie jou kakkerige selfoon videokamera gebruik nie. Onthou jy wil vir ander mense wys presies wie jy gespyker en verlei het.
- Hou die beligting goed, so helder as moontlik. Kom ons wees eerlik, as jy opsoek was na ‘n romantiese aand sou jy ‘n kerslig ete êrens geëet het, en dalk later die aand terug gekom het en vurige liefde gemaak het, nie ‘n ou in sy sokkies se apie suig en ‘n paar lyne ‘coke’ snuif nie.
- Plaas die kamera sodat ons almal die vuilis se gesig kan sien, ja, die ‘van onder af boontoe’ kamera-hoek aksentueer dalk sekere dele van jou slagoffer se anatomie, maar ons stel eintlik in sy gesig belang. Bou die kamera in ‘n boks tampons in as dit moet, mans vermy daai goed soos pes.
- Kry die stouter om sy naam te sê – Speletjies soos “Ek is (naam van slagoffer hier), en ek is ‘n seksverlaafde” of dalk ‘Die stoute verkeersoortreder wat moet pak kry’ speletjie waarin jy dan kamtig streng sê “Wat is jou volle name en ID nommer! Waar is jou lisensie skuim?!” Wees vindingryk en kreatief.
- Noem gedurende die sessie gereeld die slagoffer se naam. As ons dan hoor “Wie de fok is Joost?” sal ons weet dat dit nie hy is nie.
- Praat hard en duidelik oor goed wat net die slagoffer kan weet – “Wat is daai geluidjie wat Amor maak as sy ‘n orgasme bereik nouweer?” is byvoorbeeld uitstekend.
Daar het jy dit nou, 6 wenke om meer informatiewe video’s te maak as jy ‘n agterbakse, gemene meisie is met min talente behalwe apies suig en spyker.
Geen.

