Jy sien, ek moes nourie dag die tog aanpak na die department van onderwys in die middle van die Johannesburg hool. Ek was redelik gelukkig dat ek slegs omtrent 7 keer moes sirkel sodat ek darem semi decent parkering kon kry. So daar het ek stap een redelik pynloos agter die blad.
So stap ek in die gebou in waar die slim mense operate. Bliksem daar is skaars 4 mense voor my buite die deur. Ek kan nie my fokken geluk glo nie. Met ‘n smile tree ek nader. Nee o moer, ek het my misgis binne die spesifieke “kantoor” is daar stoele wat volgepak is. So wag ek my beurt af om ook een van die bevoorregtes te wees wat ‘n stoel kry. Nou kan ek mos sien wat hier aangaan. So sit ons en speel musical chairs tog te lekker. Sodra een ou waai dan move ons aan. So na een uur se sit raak dit toe ook lekker ongemaklik. Nou hou ek die een “dame” dop wat “diens lewer”. Sy sit so met die papier in die linkerhand en beloer hom so vir ‘n paar oomblikke. Sy begin toe wragtig tik op die rekenaar, ‘n volle drie drukke later met haar regterhand moes sy eers weer kyk wat op die papier aangaan. Die proses is basies as volg: Staar vir die papier vir so een tot een en ‘n half minuut dan klap jy drie knoppies op die alfabet voor jou voor jy weer staar. En dan is daar die gebruiklike vriend/in wat genadiglik inloer net om dit te laat lyk of julle moer besig is.
Uiteindelik is dit my beurt om na die beloofde land aan die ander kant te beweeg. Te gretig handig ek my papiere in en weet ek is binnekort klaar. Not de moer, ek moet eers van hier af 5de vloer toe om my R25 te betaal dan kan ek terugkom en my papiere kry. Gelukkig hoef en nie weer die queue te slaan nie, want sy sal sit en wag vir my tot ek terug is. WADDEFOK!!! Hoe de moer kry mens so oneffektiewe proses en dit nogal by die mense wat ons kinders iets moet leer
Geen.

