
Trilwillem het vir my hierdie foto aangestuur. Ongelukkig het hy net sy selfoon gehad, maar die idee is daar. Dit is vir ‘n produk met die naam ‘Solalaphi Booster’, en met die produk sal jy jou bed breek so verskriklik sal jy kan spyker. Kyk, hulle wys tot vir jou die gebreekte bed en ‘n vurige omhelsing (soos aangedui deur die hartjies). Dit is ongelukkig net illustrasies, ‘n foto sou natuurlik meer geloofwaardigheid gehad het.
Maar die ding sit my toe aan die dink aan al die kak wat mense glo omdat iemand wat geloofwaardig lyk dit sê, of omdat die verpakking mooi is.
Kak soos Pro-Retinol-A, dit is Vitamien A. Maar omdat hulle dit ‘n cool naam gee, klink dit moerse smaart. Rice Crispies het fokken vitamien A in, demmit.
Mense val ook vir kak soos ‘Dermatologically tested’, dit kan enigiets beteken, hulle kan dit op vel getoets het, met ander woorde, smeer vir die bediende, Martha, so bietjie aan, en vra vir Martha of sy jonger voel en enige uitslag en/of jeukerigheid ontwikkel het.
Die ander ding wat mense altyd voor val is ’100% Natural’. “Dit kan nie skadelik wees nie, dit is heeltemal natuurlik”. Jy bedoel 100% natuurlik soos slang gif, tabak en beeskak?
‘Natuurlik Vetvry’ is nog’n populêre een, ‘Natuurlik Vetvry Maar Gelaai met Suiker, Preserveermiddels en Kleurstowwe’ is vir een of ander rede minder populêr.
Wat my goed die bliksem in maak, is die maatskappye wat op jou skuldgevoelens ry om geld te maak. Hulle doen dit baie vir produkte wat met kinders te doen het. Ek het lank terug ‘n tydskrif advertensie vir matte gesien waar die kinders lê en speel op die mat, met ‘n onderskrif in die lyn van “If you care about their future, you’ll give them every opportunity to play for as long as possible”. Hoe de bliksem maak dit jou ‘n beter ouer as jy sagter matte in jou huis sit? Hulle probeer dieselfde kak met yoghurt, chips en speelgoed.
Moet nou nie stupid wees nie, die mense wil geld maak. Die advertensies word deur advertensie maatskappye gemaak wat nie ‘n dooie donder oor jou of jou kinders omgee nie. Hulle wil hê jy moet die produk koop en as hulle jou moet laat skuldig, dom, belangrik of agter-die-tyd moet laat voel om dit te koop sal hulle.
Relevante Stukkies:

