Oct 17
Hoekom IS tieners so deur die kak? Dit is hulle breine.
Ek stap nou die dag in ‘n winkelsentrum en sien op so 50m (wat bliksems vêr is in ‘n winkelsentrum) een van die kakste haarstyle wat ek in my lewe gesien het. Dit is wit ge-bleach en die wortels begin so swart uitgroei, maar met so geel oorgangsone. Die haartyl het nie die ‘edgy look’ van ‘n regte punk haarstyl nie, maar ook nie die ‘aag oulik’ faktor van die nou oorbekende ‘bed-head’ nie. Dit is lank, wollerig, en staan heeltemal te vêr uit van die kop af weg. My eerste gedagte was “Ek MOET hierdie poephol sien”.
Toe hy naby genoeg kom sien ek dat hy ‘n tiener seun met ‘n moerse vel probleem is. Hy is bloedrooi van al die puisies en hy het ‘n baie swak ken en groot ore soos Prince Charles. Hy kyk permanent so bietjie af grond toe en die rooi laat dit lyk of hy heeltyd skaamkry.
Nou vra ek vir jou met trane in my oë (van lag), hoe de bliksem het jy so haarstyl as jy so lyk?! Het hy nie geld gehad vir neon flikkerende bordjies wat flikker “KYK EK IS ‘N POEPHOL” – “KYK EK IS ‘N POEPHOL” nie?
Toe onthou ek, ek het gelees dat tieners nie met die normale areas van hulle brein dink nie, en dat hulle breine nog aan die ontwikkel is. Hulle is inherent impulsief, gewetenloos en onredelik, hulle kan dit nie help nie. Ek hoop net dat hy so min as moontlik foto’s van homself het terwyl hy so lyk. Hy gaan hom fokken doodskaam as hy 30 slaan.
3 comments3 Comments so far
Wat is jou gedagtes?

Kyk, ek en my tieners is ook daagliks haaks. Die haarstyle maak my mal, ek het al oorweeeg om nair in die sjampoo te gooi!
Nair in die sjampoe, LMGA!
Jy MOET foto’s êrens opsit as jy dit ooit doen!
LOL !!! haha
ek gaan dit in my LO taak sit (moet n koerant maak) kak snaaks!!