Apr 18
Kan jy ‘n piesang voor ander mans eet?
Hoekom is ouens so bliksems bang vir gay mans? Selfs die pêre hierbo lyk nie baie gevaarlik nie. Ek gaan nie saam met hulle gesuip raak en uitpaas nie, maar as jy nou moet eerlik wees, daar is genoeg gewillige ouens dat jou average gay ou darem die bodem van die emmer gaan skraap as hy jou probeer raps.
Jerry Seinfeld sê dit is omdat mans weet hulle ‘sales resistance’ is moer laag. Voor jy jou oë kan uitvee stap jy by die Randse Skou uit met meer kak as wat jou garage kan vat of wat Cash Converters vir jou kan ‘convert’. Sê nou mar jy stap in by die gay stalletjie en as jy jou weer kry stap jy met Barry die bodybuilder aan jou hand rond en jy weet nie hoe om jou vrou te vertel nie?
Hy kan dalk ‘n punt beet hê, ou Jerry bedoel ek, nie Barry nie. Dit is nie asof ek daagliks lastig geval word deur ouens met kort broekies, boots en geknoopte t-hemde nie. Die gay ouens wat ek ken is moerse ordentlik en lyk heelwat beter as ek. So weer die vraag, hoekom homofobies? Ja ek weet die Bybel sê dit is sonde maar jy vermy nie die alkoholis oom (wat ons almal het) of die gewetenlose bliksem wat op ‘n Sondag werk nie.
Dalk is die grootste homophobes tussen ons ouens wat weet hulle is so naby aan ingee tot die verkoopsdruk dat hulle die verkoopsman ten alle koste probeer vermy!
Daar is een toets wat vir jou met 100% sekerheid kan sê of jy ‘n closet homo is: Kan jy ‘n piesang voor ander mans eet sonder om te bloos?
Ek hoop jy kan nog jou piesang in die openbaar geniet. Ons straight ouens raak skaars.
3 comments3 Comments so far
Wat is jou gedagtes?

Ek het een keer ‘n piesang in die strate van Amsterdam geët, toe word ek deur n Nigerian benader wat wil weet of ek ‘n “Agent” het. Wys jou net, jy hoef nie gay te wees om talent te hê nie. Terloops het jy geweet dat die woord “piesang” in Indonesia sy onstaan het? Seker een van die eerste woorde wat vuil oom Jan daar geleër het.
[...] weet ek het vroeër gesê ek dink dit is stupid om so flippen homofobies te wees en dat gay ouens nie gevaarlik is nie. Dit lyk my ek was verkeerd. Dit lyk of ‘n [...]
Laaik jou site, jy skryf lekker
Ek gan jou as link opsit, doen selfde as jy will
Cheers!