Het jy al agtergekom dat die enigste mense wat van ‘n poodle of papegaai sal sê “Hy is soos ‘n kind vir my” of “Ek is erger oor hom as meeste mense oor hulle kinders is”, mense is wat nie kinders het nie? Dit irriteer my grensloos. “Hy eet alles wat ons eet, en ek vee sy holletjie af as hy klaar gebollie het ook” – ja, maar moet jy ook vir die papegaai verduidelik hoekom sy sussie nie ‘n tollieman het nie – sonder om hom vir die res van sy lewe ‘n ‘pervert’ of ‘n ‘flasher’ te maak? Wonder jy ook of die sielkundiges reg is, en of jy nie eintlik ook moet praat van “penis” en “vagina” in plaas van totterman en kwakkie nie? Wat gaan gebeur as hy by die skool begin praat daarvan? Elke keer as die juffrou vir jou kyk, gaan jy wonder of sy wonder wat de donder daar in jou huis aangaan.
As jou kat heeldag op sy gat lê en TV kyk, voel jy of jy sy ontwikkeling skade aandoen? Wonder jy of sy geneigdheid om jou gordyne deur sy gat te trek dalk is omdat hy die gedrag wat hy sien op WWE probeer emuleer?
Is jy bewus daarvan dat ‘n poodle dieselfde hondepille vir maande lank kan eet sonder om gatvol te raak, of te voel die ander poodles baie beter pille skool toe vat?
Die ander kant van die saak is natuurlik mense met kinders wat die pap so dik aanmaak dat mense wat nie kinders het nie hulle met ‘n diep passie haat. “Ons lewens was so leeg voor Jayden ons lewens, en ons harte gevul het”. Is dit nie ook altyd die mense wat die stoutste klein fokkers grootmaak nie? My laaitie kom huilend aangehardloop, “Pa, pa, Jayden het my nuwe transforminator gebreek, en toe wil hy my slaan met die stukkende gedeelte!” dan sal Jayden se mamma iets kwyt raak soos “Skuus julle, maar Jayden ly aan skeidings-aangewakkerde-aandag-gebrek met gluten intoleransie. Was daar dalk wit meel in die koekies?”.
Ek weet van ‘n goeie teenmiddel – skielike verhoogde temperatuur in die sitvlak omgewing toegedien deur ‘n lyfband. Of ek moet skelm vir my laaitie sê “Moer die klein kak as hy dit weer doen”.
Relevante Stukkies:



Vandat kinders nie meer gemoer word nie het ons nou ‘n hele generasie van fokops. Dis asof mense bang is vir hulle bloedjies en die klein kakke kom dit vinnig agter. Ek is goed gemoer toe ek ‘n laaitie was, deur beide my ouers en onderwysers, en daar skort niks met my nie (altans, ek dink so???)
Lees die laaste vers van Spreuke 20. Daar staan “‘n Pak slae laat ‘n kind ophou kwaad doen, dit laat hom selfs ophou dink aan kwaad” Nou ja, as die Groot Boek so sê, wie is ons om te stry.
‘n Ding wat my ook grensloos afpis is die mense wat hulle klein stoepkakkers saamvat winkels toe!! Los die klein mongrel by die huis fokkit!! Ek het al baie keer gewens die goed beskuit die eienaar se handsak. Kan jy so persoon se gesig sien as sy haar hand in haar handsak indruk om haar beursie uit te haal en sy druk dit in slap hondestront in!!!
Lol Dries ek deel jou sentiment. As ‘n kinderlose swerwer dink ek dit irreteer my meer. Ek moes al baie keer my self terug hou om nie self die klein fokkers ‘n helse pakslae te gee veral as die ouers daar sit asof ek die d@@s is wat ‘n probleem het. Moer sommer ouer en kind.
EK DINK JULLE IS ALMAL SOMMER N KLOMP KONTE, DOM DOSE!!!!!! HEL KINDERS!!!!
Susan, jy is seker geregtig op jou opinie, maar wat het ons verkeerd gedoen of gesê dat ons sulke wonderlike woorde, nogal in hoofletters, verdien???
Ha ha ha! En op hierdie post ook nog! Êrens is daar iets in die ding wat ‘n lelike senuwee by Susan prikkel. Ek gaan nie probeer raai wat dit is nie, maar dit sal goed wees vir jou as jy self probeer Susan. Jou reaksie is geweldig – heeltemal te sterk vir iets wat nie eers spesifiek vir jou bedoel was nie.
Goeie bliksem straal Susan!
Laat ek raai jy het 5 katte en anders as ander mense met soveel katte het jy goeie redes? Ek het nogal vroeer in die week gehoor van ‘n goeie fur ball dieet. Kan ek die link aanpass?