Feb 16
Is dit Joost in die seks video?
*
Joost het ‘n tattoo op sy gat, waarvan ek nie foto’s gaan opsit nie. Ek is groot op gay-regte, maar laag op gay-entertainment. Hy besit ook volgens hom nie een paar Polo sokkies nie, en dra nie fishnet of stukkende onnies nie. Dit begin al meer lyk of Rapport ‘n rat voor die oë gedraai is deur ‘n ‘danseres’ en ‘n Joost van der Westhuizen ‘lookalike’.
“Geoordeel na die bewerings in die berig, sal almal wat my ken, weet dit kan nie ek wees nie,” het Van der Westhuizen gister gesê. “Vir eers besit ek nie Polo-sokkies van watter kleur ook al nie. Amor koop my klere en sy het nog nooit vir my Polo-sokkies gekoop nie.
Daai klink vir my na ‘n onskuldige ou.
Joost het blykbaar ‘n oproep gekry van Rapport om hom te waarsku dat die berig gepubliseer sou word, maar hy het niks daaraan gedoen nie. Iets wat blykbaar redelik maklik is vir iemand met sy tipe konneksies. Ek gaan ‘n klip in die bos gooi, en raai dat hy dalk nie soveel geld uit Rapport sou kon dagvaar as hulle nie die artikel geplaas het nie. As dit nie hy is nie, hoop ek hy dagvaar daai Rapport dat die blou rook op die bliksems draai.
Ek het toe ‘n foto van fishnet onnies opgesit, daar is nog hier, vir al my gay fans (ek hoop albei van julle lees darem nog).
No commentsGeen gedagtes
Wat is jou gedagtes?