Aai tog, ek hoor nou dat daar gerugte is dat Joost gay is. Ek wil dit nie glo nie. Ek sal dit nie glo nie. Die een groot regmerkie wat jy moet maak om gay te wees, is tog sekerlik in die ‘Ek laaik mans’ boksie. Het Joost dan nie in sy bekende en berugte video die teendeel bewys nie?
Julle weet ek is groot op gay-regte. As jy kwaad raak oor hoe ander mense in hulle eie privaatheid seks het, sonder om enigiemand te na te kom, is jy faktap en jy het ernstige ‘issues’. Daar is net sekere goed wat mens met ‘Gay wees’ assosieer, en as Joost gay is, moet ek nou al my veronderstellings oor gay ouens herskryf. En nog ‘n ding – as Joost gay is, dan kan Steve Hofmeyr ook gay wees.
Ek wou ook nie glo dat dit Joost was in ‘daai video’ nie, maar ek is toe verkeerd. So nou het ek, om myself reg te maak vir nog ‘n skok, so ietsie ge-Photoshop om my beter voor te berei. As hy gay is kan Joost blerrie goeie geld maak met ‘n hele nuwe reeks produkte.
Relevante Stukkies:



Hierdie is n moeilikke een, daar is soveel om te se, ek weet nie waar om te begin nie… Soos n kind in n sweetie winkel…
Ja-nee, ek was ook al verkeerd met baie dinge wat Joost aanbetref, so, ek sal liewers nie ‘n mening lug nie. Wat my egter de bliksem in maak, is dat People tydskrif sulke stories publiseer bloot op grond van ‘n leser wat ingebel het en sulke stront oorvertel het!! Sekerlik maak jy tog seker van die feite alvorens jy dit publiseer.
As ek Saterdag vir Rapport bel en sê: “Het julle gehoor, Zuma het ‘n puisie op sy tril” gaan hulle tog seker uitvind of dit waar is voor hulle dit publiseer, nie waar nie?
Sensasie, dis die “name of the game”!!
Lekker dag
Puik Photoshop!!!
Ja nee, ek dink met Joost is dit beslis ‘n ‘stille waters, diepe grond’ ding.
Dries, ek stem 100% saam met jou. Mense hou aan met hierdie idee dat celebs ‘fair-game’ is, maar dit is vir my so swaar pil om te sluk dat jy sommer enige kak kan kwytraak oor enigiemand en al wat jy doen is ‘n bietjie kreatiewe woordspeling. As jy iets in aanhalings sit, soos “JOOST GAY!”, dan was dit nie jy wat dit gesê het nie maar ‘n aanhaling van iemand, of dit nou ‘n gay patologiese leuenaar is of pastoor Ray homself, dit maak nie saak nie.
Ek hoop nie dat dit lyk asof ek sommer saam op hierdie karretjie geklim het nie, want dit maak my self die bliksem in.
Se moer, Joost is NIE gay nie.
Ek stem saam met jou Trilwillem, ek sal net so geskok wees. Gelukkig, soos Dries sê, dit was sommer iemand wat net ingebel het. Dink bietjie aan RSG se ‘Sê Wie?’ – een uit elke tien van hulle maak sin as hulle in bel, die res is dronk, verveeld, lei aan Alzheimer’s of hulle is sommer net ‘n 100 jaar oud en worry net nie meer nie.
Daar’s nou vir jou ‘n ander pot stront…..meeste van die inbellers klink soos ‘n klomp “inbred Hillbillies”. Ek dink meeste van hulle wil net hulle eie stemme hoor. “Ek wil net vir my ou man wat daar op die stoep sit en sy ballas krap sê: moenie krap nie, was!!!” Ek het nog nooit so klomp kak gehoor nie!!
Ons sal maar wag en sien wat gebeur met die Joost en Amor sage.
Lekker dag
WEL! Ek gaan goed dankie! Ek bel baie in by RSG praat saam en ek is nie. Maar wat kan n man dan maak, ne!? Wat!? O…
Toemaar Pielneef,jy is die een uit 10 wat sin maak..soos Worsbeursie hierbo sê!!
Enige persoon wat elke dag by “Snaaksgenoeg” inloer is buitendien ‘n intelligente mens. Ons waardeer nog die snaakse dinge in die lewe. Dis voorwaar ‘n “tonic” om julle stories te lees!! Moet asb. nooit ophou nie!!
Hierdie laat my eintlik dink aan daai een dag toe ou Steve en Kurt loop en gesels. Toe hulle so oor die brug stap to sien hulle vir Juanita wat gebukkend staan met haar kop deur die tralies van die brug. Ou Steve laat toe nie op hom wag nie en gebruik die geleentheid. Hy se toe vir ou Kurt toe hy klaar is dat dit sy beurt is. Waarop Kurt toe antwoord dat hy bekommerd is want sy kop gaan nie deur die tralies pas nie.
Nou lekker gelag, dankie Trilwillem!!