Is jy bang?

Ek voel vandag so bietjie nostalgies. Ek dink dit is omdat ek gister my 5 jarige laaitie die bakkie laat bestuur het terwyl hy op my skoot sit. Dit was ‘n stil grond pad, en hy het gedink hy is soos Superman, maar cooler.

Hoe het dit gebeur dat die generasie wat met bose He-Man mannetjies gespeel het en sonder helmets BMX gery het tot laat in die aand so bliksems bang geword het? Dit was nie dat ek nooit geval het nie, o nee, ek het my moer los geval meer kere as wat ek kan of wil onthou. Ek het geval dat ek rowe oor die hele een kan van my lyf gehad het, en my ma my sommer net in die bad met ‘n klomp Dettol gegooi het want daar was te veel om individueel te behandel.

Ek en my ander standerd 5 tjomme het die bus gevat na Johannesburg se middestad en gaan fliek kyk of ysskaats by die Carlton Centre. Tye het verander, maar onthou dit was ook die jare wat Gert van Rooyen vry rondgeloop het, so dit was ook nie heeltemal sonder risiko nie.

Ek dink gedeelte van die probleem is die media – hulle blaas elke voorval op sodat hulle kan koerante en advertensie-tyd verkoop. Is dit hulle skuld dat ons so honger is vir vreesaanjaende artikels en stories? Ek dink nie so nie. Een van die ander sondebokke is natuurlik mense wat probeer om iets aan jou te verkoop. Hulle skep ‘n mark vir hulle griep inspuitings en huis alarms deur jou te laat glo “jy is volgende”!

As jy regtig belang stel om minder vreesbevange te wees, het ek net die volgende bietjie raad – probeer tog uitvind of die vure van jou vrees aangeblaas word deur mense wat iets het om daaruit te baat of is jou vrees dalk gegrond in werklikheid. Mense is byvoorbeeld bang vir vuurwapens in ‘n huis, maar volgens statistieke is jou kind se kanse 200 keer beter om in jou swembad te verdrink as om in ‘n skiet ongeluk om te kom, nee regtig, die statistiek is aangehaal uit die boek ‘Freakonomics’.

‘n Ander voorbeeld is die vrees vir kar ongelukke. Ek ken twee ouens wat elk al meer as vyf karre afgeskryf het, en nog leef. Hulle is drinkers en miskien is dit net ‘n kwessie van tyd, maar ek het moontlik al meer kilo’s afgelê as hulle albei saam, en nog nie een ongeluk gehad nie. Die punt wat ek probeer maak is, as jy ‘n rustige, wetsgehoorsame bestuurder is, is jou kanse baie skraal om in ‘n ongeluk dood te gaan, want selfs twee dronkgat jaagduiwels het dit nog nie reggekry om hulself van die gras af te maak nie.

Dit is seker dom om ‘n volstruis-mentaliteit oor die lewe te hê, maar ek dink ons is heeltemal te bang vir absolute stront, en daar is gewetenlose mense wat hierdie vrese misbruik, en ons laat dit toe.

Be Sociable, Share!

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

4 Responses to “Is jy bang?”

  1. Doosdief Dries says:

    Hoor-hoor!!! Vandag se generasie word groot in die elektroniese eeu, nie soos ons wat buite moes speel nie. Al wanneer ons in die huis toegelaat is, was as dit redelik hard gereën het!! Ons was bang vir niks nie. Maar nou ja, tye het beslis verander en ek stem heelhartig saam met jou. Ons het verander in ‘n klomp banggat inwoners wat skuil agter alarms en lemmetjiesdraad. Ons laat ons aan die neuse lei deur kansvatters wat ons uibuit. Ek sê : ” Fok hulle…kom ons kry ons lewens terug!!!” Die enigste rede hoekom hulle ons ore aansit, is omdat ons dit toelaat. Te moer met hulle!!!

  2. Pielneef Pielneef says:

    Ek weet nie van ongegronde vrese nie, maar wil net vir almal wat hier lees vra om asb te bid vir die boere in Zimbabwe, ek het gehoor die staat wil hul plase vir hulle terug gee, en ek dink dit is onregverdig om mense wat nou vir n ruk reggekom het sonder boer, en wat die lewe as ware begin geniet het nou weer te dwing om hard te werk en weer voort te sukkel.

  3. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Ja Dries, fok hulle! Ek hoop daar is nog mense wat die fokkers uitvang vir dit wat hulle is.

    Pielneef, hulle is in my gebede.

  4. Robert says:

    Ek vrees Dries…

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed