May 10

Is jy kommin? Baie moontlik.

Een groot vrees wat Afrikaners het (behalwe misdaad en haarverlies) is om kommin te wees.

Ek is baie uitgesproke oor daai kak “Stoutgat rugby sokkie treffers volume 18″ albums met die spot prentjie omslae. En ek het al ‘n paar keer so gesê waarop iemand in die geselskap sê “Ja, kyk, ek het twee van hulle maar ek sit dit net op vir die atmosfeer”. Pleks daarvan om te sê “Hey! Ek laaik daai goed, jy het net kak smaak!” Dit is daai diep vrees vir kommin wees wat praat. ‘n Haarkapper het so ruk terug my hare in wat amper kan beskryf word as ‘n mullet gesny. Ek was so donders selfbewus. Nie omdat ek besonder kak gelyk het nie (die poepholle met die nuwe ‘kokkewiet’ haarstyl wat so in die middel opstaan het my loshande geklop) maar as gevolg van die vrees dat mense my sou aansien vir ‘n tou-trok drywer.

Ons is almal maar ‘n bietjie kommin. Sommige van ons luister so bietjie Robbie Clay as ons alleen is (nie fokken ek nie!) en sommige van ons het al by die drankwinkel ingestap met ‘n rugby kortbroek en plakkies na ons die gras gesny het.

Dit is dalk hierdie vrees wat ons so bietjie in lyn hou. Ek hoop nie dit gaan weg nie. Die dag as jy nie meer skaam is om ‘n mullet te dra nie en Robbie Clay of daai bliksemse Pampoen song van Steve kliphard laat oets oets op jou kar se sound is die dag wat ons moet oppak en huis toe gaan.

Maak ‘n punt daarvan om elke nou en dan Jan Blohm, Valiant Swart, Koos Kombuis of Koos du Plessis te luister. Onthou jy is ‘n lopende advertensie vir Afrikaners. Moenie ons naam gat maak nie.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?