Is jy ‘n gebore April gek?

engrish-funny-in-out-order

Hierdie April fool grappies is altyd vir my vreeslike groot vermaak. Ek is ‘n siniese, skeptiese mens en val nie sommer maklik vir die goed nie. Maar daar is ‘n spesiale lekker daaraan om iemand te hoor sê “Het jy gehoor mens gaan nou ‘n lisensie moet kry om te kan rook!? Fok dit, hulle sal my moet kom toesluit!” of “Die Springbokke moet nou hulle embleem verander na ‘n drie-poot pot! Hulle gaan die Ama-potte-potte wees! Dit is sommer kak man! Ek kan nie glo hulle gaan wegkom daarmee nie!”

Sommige mense is nou maar net gebore ‘suckers’, (suigers in Afrikaans?). ABSA bank het elke liewe dag op hulle webwerf ‘n boodskappie wat iets sê soos “ABSA sal nooit, ooit, in der fokken-ewigheid vir jou ‘n e-pos stuur wat vra vir jou rekening nommer of pin nie. Nee regtig ……. NOOIT!” Tog is daar poepholle wat val vir “We have found an irregularity with your account. Please follow this link www.absa_ripoff_for_dickheads.co.za and give us all your account details, pin and cellphone number and ignore any large transacrions on your account”.

Ek wou so ruk terug in Rosebank geld trek by ‘n OTM en het sommer op so 20 meter van die masjien af gesien die gevreesde rooi skermpie flikker met groot “ERROR” en kleiner geskryf “We are unable to process your transaction”. Iemand het gedink dit is nie genoeg nie en op ‘n papiertjie geskryf “Out of order” en hom opgeplak net bo die skerm. Daar staan toe, en ek lieg nie, ‘n oom met sy vrou en hy probeer herhaaldelik om sy kaart in die gleufie in te forseer! “What the hell is wrong with this bloody machine!” hoor ek hom sê. Dit is skokkend dat iemand so verskriklik deur die kak kan wees. Dit is ‘n kwessie van tyd voor iemand daai omie se laaste sent uit sy rekening trek. Ek kan jou waarborg, die dag wat dit gebeur, gaan hy die bank, die regering, kriminele en die ANC blameer. Almal behalwe homself.

Miskien is daar ‘n versteekte voordeel aan April-fool grappies. Miskien is daar een of twee mense wat tot die besef kom dat hulle te naïef en deur die kak is nadat hulle gevang word met ‘n slappe soos ‘Alle Afrikaners met die van Verwoerd, Vorster, Malan en Botha moet dit nou verander na Mokoena, Khubeka, Ramaphosa of Mandela’.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed