Jul 15
Is jy ‘n krokodil of ‘n sjimpansee?

Krokodille is van die suksesvolste, indien nie die suksesvolste, ontwerpe wat die aarde nog gesien het. Wetenskaplikes glo dat hulle ongeveer 200 miljoen jaar oud kan wees as ‘n spesie. Dinosourusse het ongeveer 65 miljoen jaar gelede uitgesterf. So wat ookal die duisende ander spesies laat uitsterf het, het omtrent geen effek gehad op krokodille nie. As jy glo die aarde is net 4700 jaar oud en dat fossiele geplant is om ons vir ‘n slappe te vang – jammer, hou maar op lees. Ek bedoel dit, moenie enigiets lees nie, veral nie ‘n ensiklopedie nie.
Een van hulle voordele is dat hulle koudbloedig is. Hulle kan maande lank sonder kos gaan, omdat hulle metabolisme stadiger kan word soos temperature laer word.
Die rede vir die kakkerige biologie les, is omdat ek aan iets gedink het. Sjimpansees is baie slimmer as krokodille. Hulle het duime, hulle kan eenvoudige werktuie gebruik, soos stokkies om termiete te vang of klippe om neute te kraak, maar hulle is wêreldwyd bedreig. Krokodille is stadiger, dommer en leliker, maar as ‘n spesie meer suksesvol.
Hier is, uit-bliksems-eindelik, die punt: Moet jy jou kop laag hou, en spaarsamig wees met wat jy het en die lewe oorleef, of moet jy jou kop hoog hou, kanse vat en die lewe leef? Sou jy eerder ‘n krokodil of ‘n sjimpansee wees?
Sjimpansees het meer pret, speel met hulle kinders, hulle het seks net vir die pret daarvan, en hulle het ook iets soos ‘n ‘ouma’ in hulle sosiale struktuur.
Ek sê fok ‘suksesvol’ ek wil ‘n aap wees!
No commentsGeen gedagtes
Wat is jou gedagtes?