Oct 30

Kabeldiefstal en die oplossing.

Category: Glo jy die kak?

Elke jaar kos kabeldiefstal Telkom en Eskom miljoene rande. Eintlik weet ons almal wie eintlik betaal vir die gesteelde kabels, en as jy kyk na die ‘performance bonuses’ wat daai poepholle kry, is dit is nie Telkom of Eskom nie.

Behalwe die geld is die hoeveelheid ongerief en verlies aan besigheid absoluut skokkend. Ek het toe bietjie gedink oor die hele ding en sommer vinnig met ‘n oplossing vorendag gekom.

As ‘n vêr-regse groep Afrikaners begin het om kragkabels te saboteur met tuisgemaakte bomme en dalk ‘n website sou hê waarin hulle verantwoordelikheid aanvaar vir die aanvalle met boodskappe soos “Swart mense verdien nie elektrisiteit nie” of “Die Here is ons krag, ons het nie die swart gevaar se vuil krag nodig nie”, sou daar, voor jy kon sê ‘white supremacist’, ‘n kommissie van ondersoek geloods word en duisende swaar gewapende polisiemanne wees wat moontlike teikens patrolleer. Die fokkers wat die kabels steel het presies dieselfde effek wat hierdie veronderstelde ekstremiste sou hê maar die verskil is dat die regering nie net sou sit en fokol doen as dit die geval was nie.

Ek is seker die tegnikuste wat vir Telkom en Eskom werk kom eerste op die misdaad tonele. As ek Telkom of Eskom was, sou ek by elke misdaad toneel ‘n plakaat opplak met die nodige vêr regse slagspreuke ens. Ek sou dan elke nou en dan ‘n selfoon-video laat uitlek op Youtube waar een of ander bebaarde Eugene Terblanche ‘look-alike’ ‘n langdradige en erg ekstremistiese toespraak lewer oor hoekom hulle juis krag en telefoon kabels teiken. Ek het selfs ‘n heel skaflike voostelling vir hulle gemaak wat hulle kan gebruik. As daai foto nie sê ‘terroris’ en ‘Afrikaner’ nie, dan weet ek nie.

Nou sou jy dalk sê “Maar Worsbeursie, dit is krimineel en oneerlik!”. Al wat ek daarop kan antwoord is, jy het duidelik nog nie na jou Telkom of Water-en-ligte rekening gekyk nie, ‘krimineel en oneerlik’ is basies Telkom en Eskom se leuse.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?