Kalmeer nou oor die sigarette en doen iets oor die gesuip!

Die Kanadese regering het nou alle winkel eienaars wat sigarette verkoop verbied om hulle enigsins ten toon te stel. Lees bietjie meer hier.

Die een ou sê: “It’s a pain in the ass, and a double-standard that the government supports liquor sales”.

Ek stem heelhartig saam. Ek wens ons regering wil net so bietjie kalmeer oor die bliksemse sigarette en al daai geld en moeite in die voorkoming van drank misbruik insit.

Ek ken nie een ou wat elke aand twee pakkies sigarette op rook en dan sy vrou en kinders slaan nie. Ek ken nie een ou wat al ‘n kar afgeskryf het onder die invloed van nikotien nie. Ek ken wel ‘n ou wat al VIER karre afgeskryf het onder die invloed van drank. Hy is nie ‘n slegte ou nie maar ek hoop hy verongeluk homself alleen en vat nie ‘n onskuldige gesin saam met hom na die groot ‘Happy Hour’ in die lug nie.

Ek ken mense wie se prioriteite, van meeste na minste belangrik, so geskryf word: 1. Drank 2. Kos 3. Nog drank 4. Sigarette 5. Drank 6. Kos vir die kinders 7. Huur 8. Kinders se skoolgeld/drank.

So moenie met my kak praat van tweedehandse rook en die skade wat dit doen nie. Ek ken drie mans wat hulle self dood gedrink het en gesinne agter gelaat het aan hulle eie lot. Kinders wat deur moeilike tiener jare moes gaan sonder ‘n pa. En ek het groot geword as middelklas afrikaner. Nie in een of ander Sodom waar die hoof tydverdryf drink en familie geweld is nie.

Ek het ‘n hele ruk terug van ‘n opname gehoor onder polisiemanne en verpleegsters wat sê dat drank in meer as 80% van ongelukke en misdaad betrokke is.

Rook is dalk kak en gevaarlik maar fokkit, as jy dink dit is ‘n groter probleem as drink is jy deur die kak of jy kry ‘n paar rand by SAB en ander drank vervaardigers om jou so bliksems onnosel te hou.

Foto hier.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed