Die standaard van advertensies het so geval. Die idee van ‘n advertensie is om jou lus te maak om die produk te koop. Deesdae het die verbruiker soveel regte, dat dit die arme advertensie maatskappye se hande heeltemal bind. Kyk vir Nando’s, hulle maak grappies oor Joost en oor blinde mense, net om bietjie hoender te verkoop. As hulle net kon sê “Ons hoender is befok, Madiba en die Pous gaan mal vir dit!” sou hulle vir Joost en die blinde mense uitgelos het.
Die advertensie hier bo is ‘n uitstekende voorbeeld – nie net lyk daai skyf wat Kersvader vashou lekker nie, hy is ‘n lekker ou, en as Lucky Strike goed genoeg is vir hom, dan is dit goed genoeg vir my. So jy vang almal wat dink Kersvader is ‘n lekker ou, en dit is almal (behalwe miskien Julius Malema, want hy glo Kersvader het te veel wit elwe, en dat hy diskrimineer teen plakkers omdat hulle nie skoorstene het nie) en jy vang die kinders, wie nog nie rook nie, maar as hulle hulle eerste pakkie sigrets gaan koop, weet jy dit gaan Lucky Strike wees.
Geen.


