Kyk bietjie na hierdie storie.
Die laaitie het ‘n kar in die hande gekry en op die hoofweg gaan rondjaag. So laaitie se gat moet ordentlik brand.
Hy het natuurlik die coolste braai-storie om te vertel vir die res van sy lewe. As jy ‘n storie begin met “Het ek jou al vertel van toe ek my ma se kar gesteel het toe ek tien jaar oud was?” gaan jy min mense kry wat nie aan jou lippe hang nie.
Ek vat die tradisionele roete en blameer video speletjies. Ek sal geld daarop sit dat die outjie ‘n kopie van Grand Theft Auto in sy kamer het.
Dit was duidelik in Noorweë want hulle praat van “Speeds of up to 90km/h”. As dit ‘n Suid Afrikaanse laaitie was sou hulle gesê het “Hy het darem net 90km/h gery so dit was nie gevaarlik nie”.
Relevante Stukkies:


