May 29

Koebaai Koning! Prince Charles is volgende!

Category: Wat vang hulle aan

Nepal het besluit om ontslae te raak van sy Hindoe monargie. Die koning is gesê om sy paleis te ontruim.

Mooi so Nepal!

Nou wag ons net vir Engeland om agter te kom dat om ‘n koninklike familie te hê is simpel en onnodig. Soos om te stem in Zimbabwe of om ingeboek te word in ‘n Suid-Afrikaanse hospitaal. Dit gaan net mooi niks help nie.

Ek dink die heel eerste koning van ‘n land is dalk ‘n goeie keuse. Dit is gewoonlik ‘n ou met guts en determinasie. Om koning te word die eerste keer is nie maklik nie. Jy moet of ‘n moerse oorlog opsit, vreeslik populêr wees, of natuurlik die vorige leier vermoor. Maar na die eerste ou, hoef jy net blerrie gebore te word! Dit is baie dom. Ek ken baie goeie en gedissiplineerde ouens wat kinders het wat hom diep teleurstel. Gene is nie die beste manier om toekomstige gedrag te bepaal nie. Dan praat ek nie eers van die niggies en nefies wat trou nie. Kyk bietjie vir Prins Charles en sien hom met ‘n banjo op sy skoot op ‘n hout huis se stoep, besig om tabak te kou en whiskey te drink. Al dra ‘n aap ‘n goue ring………..

Nou ja, ek dink dit is ‘n kwessie van tyd voor die Engelse besef “Cor, bloody hell, you mean, I’m payin’ for vat ol’ geyser’s big ‘ouse an overseas trips!? Vat’s no’ cricket!”

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?