Apr 25

Kwaadgeld vir kleingeld

Category: Wat vang hulle aan

Ek was nou die dag weer by die Pick’nPay en hulle weer nie kleingeld vir my gehad het nie! Dan kry jy daai kyk van “Hoe durf jy hier opdaag sonder kleingeld?”. Ek val elke keer amper vir daai kyk. So oomblik van self haat en verwyt gaan deur my gedagtes.

Dit is natuurlik net tot ek tot die besef kom dat hulle die fokken Pick’nPay is man! Dit is nie ‘n skool laaitie wat koeksusters langs die pad verkoop om sy alkoholis pa se drank fonds te versterk nie. Dit is nie ‘n skool snoepie wat nou net oopgemaak het en ek probeer ‘n rolletjie wine gums koop met ‘n R200 noot nie! Tog lyk dit asof ek hulle heeltemal onkant gevang het, “My bliksem!? So jy wil iets hier by ons koop? Ek hoop jy’t kleingeld gebring pellie!”. As dit ‘n verassing is dat ek iets wil koop moet hulle dalk hulle besigheidsplan diep en aandagtig nagaan. Dit is hoe dit werk. Hulle koop die goed teen die lorrie vol en ek kom koop ‘n mandjie vol. Hulle betaal min, ek betaal baie.

O ja, nog ‘n ding! Wanneer gaan hulle begin om jou te waarsku die till se tou lyk dalk kort maar jy gaan jou gat af wag want daar is ‘n pensioenaris wat sy water en ligte wil betaal, selfoon lugtyd wil koop, apart wil betaal (met cheques) vir vyf verskillende mandjies en wil redekawel oor die prys verskil tussen rooi druiwe en fokken wit druiwe!?

Net soos hulle daai bliksemse ‘NEXT CASHIER’ bordtjie het kan hulle ‘n ‘ASSHOLE TRANSACTING’ bordtjie ook hê!

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?