Jan 27
Lance Armstrong se hele ou bal

Die Suid Afrikaanse krieketspan het die Aussies pak gegee, in hulle eie agterplaas. Hulle het ‘n toetsreeks en ‘n eendag reeks gewen teen ‘n span wat krieket vir omtrent ‘n dekade al oorheers. Hulle is befok.
Enigiemand sou geëerd wees om hulle te ontmoet. Nie daai skuimbol fietsryer Lance Armstrong nie (Julle weet hoe voel ek oor fietsryers). O nee, die Proteas sou amper ‘n miljoen rand moes opdok om hom vir ‘n uur te sien en so bietjie kak te gesels.
Niemand is so befok nie. Niemand nie. Sy hele ou bal. As jy my vra moet hy betaal om die Proteas te ontmoet. Dale Steyn het ook ongelooflike goed reggekry met net een bal, hel, Ntini ook as jy daaraan dink.
Ek hoop hulle het vir Lance gesê waar hy sy ou kuiertjie kan dwarsdraai en indruk.
No commentsGeen gedagtes
Wat is jou gedagtes?