Feb 11

Liewe Fokter Dill…

Category: Glo jy die kak?

2663100944_1f87293433

Liewe Fokter Dill,

Ek en my kêrel (sien aangehegde foto) bly nou reeds 4 jaar saam. Ons het ‘n baie goeie verhouding, en het baie in gemeen. Daar is wel iets wat my nou al so rukkie lank pla. Kallie (‘n skuilnaam) probeer my nou al vir meer as ‘n jaar lank ompraat om ‘n ‘threesome’ te hê met hom en ‘n ander vrou. Aan die begin was dit net as hy lekker vuil gepraat het terwyl ons liefde maak, maar nou raak hy al meer opdringerig. Ek is so lief vir hom en wil hom nie verloor nie. Wat moet ek doen?

Parratjie.

Parratjie,

Eerstens wil ek vir jou sê dat ek baie dankbaar is dat jy ingeskryf het, maar nie so dankbaar as wat ek is vir die foto nie. Jy sien, gewoonlik sou ek vir iemand in jou situasie sterk afgeraai het om enige groepswoeps/tamaai-naai te probeer. Soos my ma altyd gesê het: “Dit is alles ‘n groot grap tot iemand ‘n oog verloor”. Na ‘n tydjie steek allerhande lelike dinge hul kop uit, jou man se vleispyp byvoorbeeld, maar ek bedoel eintlik dinge soos jaloesie, agterdogtigheid en seksueel oordraagbare siektes.

Maar, hier begin die goeie nuus. Ek sou jou ten sterkste aanraai om jou man aan te moedig en selfs by te staan met die soeke na ‘n derde wiel vir julle sirkuskarretjie.

Die rede hoekom ek jou die teenoorgestelde raad gee as gewoonlik, is omdat die kanse dat iemand by julle tweetjies (weereens dankie vir die foto) vir ‘n potjie groepseks sou aansluit is laer as om in ‘n gruwelike ‘scrap booking’ ongeluk te sterf, aangetrek soos ‘n gay seerower, op Dinsdag die 29ste Februarie.

Jy is dus in die gelukkige posisie dat jy vir Kallie kan gelukkig hou, sonder die knaende jaloesie en agterdog.

Een woord van waarskuwing, moet asseblief nie vir Kallie so jags maak dat jy eendag by die huis kom en ‘n oulike blondine, vasgebind met ‘duct tape’ oor die mond, op die kombuistafel kry nie. Ek ken mense en hy lyk soos die tipe.

Liefde,

Fokter Dill.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?