Liewe Dr. Platzhund II

Nog ‘n onbeantwoorde brief aan die goeie dokter.

Liewe Dr. Platzhund,

My hond kak ontsaglik baie. Ek het, op ‘n vermoede wat ek gehad het, al my hond se stront opgetel en in ‘n sak gehou vir ‘n maand. Ek het die sak toe vergelyk met die sak hondekos wat ek hom gegee het.

Die interessante ding is dat ek 12kg se stront opgetel het waar die hond slegs ‘n 7.5kg sak kos opgeëet het.

Hoe is dit moontlik? Selfs al las ek 2kg se skoene, speelgoed en gras by, kom ek nie naby die 12kg stront in die sak nie.

Sluip my hond ongesiens in die aand uit en gaan eet êrens anders? Is dit dalk my buurman wat kos oor die heining gooi? As hy honde gehad het, het ek dalk vermoed dat hy stront oor my heining gooi maar hy het nie honde nie.

Is daar ‘n manier wat my hond se derms ‘n ‘deur’ na ‘n ander dimensie oopgemaak het en stront van daar af in bring na ons dimensie?

Kan dit wees dat Pugs stuifmeel en ander stowwe in die lug opneem deur hulle monde en neuse, dit verbruik en dan as stront uitskei?

Weereens sal ek ‘n antwoord van u waardeer,

Groetnis,

Worsbeursie.

Relevante Stukkies:

  1. Liewe Dr. Platzhund
You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed