May 14
Liewe Dr. Platzhund
Dr. Platzhund ignoreer nou al lank my brief en ek wil dit graag deel met die res van julle Waddefokkers.
Liewe Dr. Platzhund,
My hond (‘n 8 maand oue Pug) blaf vir my as ek op die kakhuis sit. As ek alleen hier by die huis is dan skuit ek sommer met die deur oop. As ek die deur toe hou dan snuffel snuffel snork die hond onder by die skrefie en die geluid maak my mal. Nou het ek begin om met die deur oop op die porselein troon te sit, maar dit laaik die Pug net mooi fokol. Hy begin knor en as ek hom nie wegjaag nie begin hy vir my blaf.
Ek het vermoed dat dit die reuk is wat hom ontstel tot ek onthou het een van sy gunsteling tydverdrywe is om my ander hond se poephol te ruik en oor die algemeen te inspekteer. Dit kan onmoontlik nie dit wees nie. Ek het hom al met ‘n baba doek gevang en dit was nie iets wat ek weer wil sien of met Dokter wil deel nie.
Kan dit my gesigsuitdrukking wees? Ek twyfel want ek het met my selfoon ‘n foto geneem in volle ‘gang’ toe ek daaroor begin wonder het en ek lyk vir myself heel normaal.
Kan dit wees dat hy my wil oorreed om ook buite op die gras saam met hom ‘n kak te vang? Ek bly in ‘n townhouse en my buurvrou sal beslis nie verstaan nie. Sy is ‘n kat mens.
Is daar dalk enige genetiese defekte of in geteelde gedrag wat hiervoor verantwoordelik kan wees? Is Pugs dalk oorspronklik geteel as kaksoekers of om ‘n wrok te koester teen gehurkte mense?
As Dokter my dalk spoedig kan laat weet wat die moontlike oorsaak kan wees en of ander luisteraars soortgelyke klagtes het sal ek dit waardeer.
By voorbaat dank,
Worsbeursie.
2 comments2 Comments so far
Wat is jou gedagtes?

Totdat die goeie doktor terug kom na jou, sal ek maar my ingeligte opinie gee: Pugs is oorspronklik geteel om muishonde te jag! As jy dit in ag neem dan is sy gedrag heel verklaarbaar. Hy is natuurlik ook verstrooid om te vind dat sy baas, wie hy teen die muishond wil beskerm, die vyand teen hom koester. Hoe lyk die uitdrukking op die pug se gesig? n Bietjie soos Sigourney Weaver toe sy die mama alien gekry het wat die alien eiers le? Ek dink jou pug vermoed verraad of ten minste vuilspel.
Nie muishonde nie…muise! in China nogal, nih!