Liewe Fokter Dill IV

Liewe Fokter Dill,

Ek skryf vandag as ‘n desperate man. Die main oorsaak van die hele kakspul is my goose. Ek sê goose want ons is nie getroud nie, maar ons bly nou al 12 jaar saam.

Sy abuse my al van about jaar 5 af. Ek skiem die kak het begin toe sy my die dag gevra het wat ek sal maak as sy die dag nie meer hier is nie. Sy’t bedoel die emmer skop, jy maak uit? Ek het so paar kappe in gehad en toe tune ek sonder om te dink, “Ek sal by Fransie gaan bly”. Fransie is haar sussie, en sy’s ‘n oraait goose en ek laaik haar spaghetti bolognaise moerse, en sy’s heavy verfynd en goed. Haar naels het altyd blinkers in en sy dra leopard prints en sulke fancy kak soos ‘n duur prostituut, maar ordentlik, heel uit my league uit eintlik. My vrou is moerse jaloers op haar, en dit maak toe die hele ding net erger. Ek moes geweet het toe sy vir my koffie bring net na die hele argument dat daar iets fishy is aan die hele ding. Ek het nog nooit so erg gietergat gehad nie. As ek nie aan die toilet-seat vasgehou het nie, sou ek soos die space shuttle Colombia opgestyg en die ceiling met my kop gekraak.

Van daai dag af moes ek op eiers loop in my huis. As ek iets verkeerd sê, of bietjie flirty raak met die cashier by die Friendly, dan kak ek net.

Ek sit ‘n foto in die koevert van hoe ek gelyk het na ek bietjie lank na my skoonma se kanne gekyk het (Sy’s nou eers 34 en sy skiem net koeke dra ‘n bra). Sy’t gese ek moet check hoekom die wasmasjien so raas, en toe ek my kop in sit om te kyk, bars alle fokken hel los. Weet jy hoe bedonderd raak ‘n wyfie kat wat deur ‘n spin-cycle was? Daai kat het my faktap gekrap. Toe verloor ek ‘n klomp geld ook want mense tip nie ‘n karwag wat hulle kinders bang maak nie.

Ek is bang sy gaan my nog doodmaak. Hoe kan ek haar los sonder om lelik seer te kry?

Groete,

Spyker.

Spyker nadat hy in die wasmasjien geloer het.

Spyker,

Ek dink jou vrese is absoluut geldig, en dat jou vriendin beslis sadisties en kreatief genoeg is om jou van die gras af te maak. Jy is gelukkig in ‘n bedryf wat jou in staat stel om maklik aan te beweeg. Ek dink dit sou wys wees om haar die nuus te gee wanneer jy nie in die onmiddelike omgewing is nie. Vergeet van ordentlikheid – laat haar per sms of brief weet.

Groete,

Fokter Dill.

Relevante Stukkies:

  1. Liewe Fokter Dill…
  2. Liewe Fokter Dill II
  3. Liewe Fokter Dill III
You can leave a response, or trackback from your own site.

7 Responses to “Liewe Fokter Dill IV”

  1. Doosdief Dries says:

    Baie bly julle is nog op die lug!!!! Nou het mens darem weer iets om na uit te sien om te lees. Hou so aan!!

  2. Lisa Lisa says:

    Stem saam met Dries! Kan nie wag vir die volgende ene nie!

  3. Worsbeursie says:

    Sjoe Lisa! Jy’s omtrent ‘n hardcore aanhanger. Ek is bly om te sien jy is nog op die lug.

  4. Pielneef Pielneef says:

    Ek dink Spyker is n moerse goeie mense om so lank uit te hou met dai teef. As ek hy was, neem ek die wasmasjien weg, lat sy met die hand weer die klere kan was.

  5. Robert says:

    As mens die vrouens wat Pielneef in sy lewe het, en sy houding teenoor hulle in ag neem, dan is hy duidelik n rassis.

  6. Trilwillem Trilwillem says:

    Julle kan bly wees Worsbeursie het net daai een foto van Spyker vir julle opgesit. Shame, die man kom sleg tweede in daardie verhouding. Julle moes sien hoe het hy gelyk na daai voorval met die vacuum cleaner, brake fluid en toilet borsel toe sy daar instap.

  7. DrkAngel Jeneane says:

    Hello julle mal mensies! Vrek het ek julle kakpraat gemis! hoe bly was ek vandag toe ek sien daar is iets nuuts op! ek kom amper elke dag hier een om net weer ongelukkig my werk verder te doen!
    ASb moenie skaam wesie! Sit bietjie meer daagliks iets op!

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed