Liewe Fokter Dill,
Kan jy asseblief vir my vrou sê sy is besig om ‘n regte koei te wees? Sy was altyd heeltemal oraait daarmee dat ek gaan visvang net soveel ek wil. Sy het altyd gesê ek kom in ‘n goeie bui terug, en ek verdien so bietjie tyd op my eie. Maar toe sy hierdie foto van my visvang-buddy sien, het sy basies ballisties gegaan! Sy het eers gehuil, en toe gesê ek het haar bedrieg. Ek het my bes probeer om te verduidelik dat ek nooit gevoel het ek hoef te noem dat Alex ‘n vrou is nie, want dit maak mos nie saak in die moderne tye waarin ons leef nie? Nou wil sy glad nie hê ek moet gaan visvang nie! Ek dink dit is baie selfsugtig van haar, en Alex ook.
Groete,
Bennie van die Baai.
Bennie,
Jy is naïef, onnosel of gay.
Groete,
Fokter Dill.
Relevante Stukkies:



Goeie een!!
Lat my dink aan die grappie van die viskoekie wat eindelik n pampoenkoekie was…