Baie geluk aan die van julle wat matriek geslaag het, maar as ons nou moet eerlik wees – dit was nie baie moeilik nie was dit?
Ek sukkel nou om te onthou, maar toe ek matriek geskryf het, was die vereistes sekerlik meer as 40% vir twee vakke en so 30% vir die res. In my matriek jaar was daar twee ouens wat nie geslaag het nie. Die een ou was nou maar net bliksems dom. Jy kon aan die dofheid in sy oë sien dat daar nie veel aangaan nie. Het jy al ooit in ‘n bees se oë gekyk terwyl hy herkou? Die ander ou kon nie swot nie want hy was besig met baie belangriker dinge. Hy het vir die eerste keer in sy lewe ‘n vaste meisie gehad, en dit was ‘n voltydse werk om haar gespyker te hou, of so het dit gelyk. Hulle het altyd in ‘n hoekie gesit met ‘n baadjie oor hulle skote terwyl hulle met mekaar se privaat dele gepeuter het.
Daar was ‘n klomp nuttelose manne in my matriek jaar, die slaagvereistes was hoër, maar tog het almal, behalwe twee, en hulle het verskonings gehad, dit gemaak.
Vertel tog nou vir my hoe de donder is hulle tevrede met 70% van leerlinge wat deur kom?
Die ander kwessie is hoe jy iemand kan laat deur kom as hulle net 30% weet van ‘n onderwerp? As jy net 30% van seks weet, kan jy geklap, toegesluit of verkrag word. 30% is nie goed genoeg nie. Dit is soos om ‘n kak te vang en nie te vee, te spoel of eers jou broek af te trek nie – as jy 30% van kak weet, staan jy net daar en druk.
Een van die vakke waarvoor jy 40% moet kry, is jou eerste taal! Iemand wat 40% vir sy eerste taal kry, sou seker getik het: “Een fun die fucke wavoor jy 40% mut krui is jou eester taal”.
Ek is nie bang dat ek enige van hulle aanstoot sal gee met die stukkie nie – die kanse dat een van hulle geleer het om ‘n rekenaar te gebruik is darem baie skraal.
Geen.



Ek hoor op die nuus dat een of ander kruppel vakbond, ek dink NEHAWU, vra (demand!!) dat universiteite hulle toelatingsvereistes moet verslap sodat meer studente toegang kan verkry tot têrsiere onderrig!!!
My goeie bliksem, as jy nie eers matriek behoorlik kan deurkom nie, hoe de fok gaan jy Universiteit slaag???
Hierdie land raak by die dag al hoe meer kruppel!!!
Ja dis nogal ‘n bekommernis as die slaag vereiste so laag is en die vakke se standaarde ook nou laer is. Ek het nou die dag met ‘n onnie van een van die groot meisie skole gesels. Die vrou se toe sy het 80 ondeskeidings in haar klas vir Wiskunde gehad. Fok my… in ons dae moes mens nie net pitch en jou naam opskryf vir ‘n A nie.
Maar aan die bright side… ek kan sommer sien daar is nog F-en baie geld in die land te maak as standaarde van onderwys sak en companies nog steeds skills nodig het.