Hansie Louw, Christen drawwer en voormalige leier van die ACDP in die Wes Kaap het gevra of die feit dat die Comrades op ‘n Sondag plaasvind dalk die Here kwaad maak. Hy het die afleiding gemaak na twee drawwers laas jaar dood is.
Ek sou graag vir Hansie wou sê dat hy dalk reg is maar ek dink die feit dat ‘n mens nie veronderstel is om 87km in ‘n dag te hardloop nie het dalk meer daarmee te doen. Ek dink alle drawwers word gestraf vir hulle dwaasheid, die probleem is dat so baie van hulle masochiste is dat hulle die straf nou al begin geniet het.
Die brand in jou longe, die blase op jou voete en jou gelapte knieë is eintlik alles subtiele tekens wat op ‘n wonderlike manier ingebou is in jou liggaam om vir jou te sê “Stop! Jy is besig om my deur jou gat te trek!”.
Daar is baie mense wat nie verdien om dood te gaan nie wat wel doodgaan. As ‘n ou doodgaan in ‘n frats haai aanval terwyl hy op die toilet sit is dit beslis ‘n teken. Maar as jy 87km gaan hardloop sonder iets wat jou jaag is jy besig om jou ‘odds’ aansienlik te verhoog en ek dink die ‘teken van Bo’-indeks daal aansienlik.
Masochis: “Asseblief, ek smeek jou, maak my seer. Slaan my, verneder my!”
Sadis: “Nee…….”
Foto is hier gekry
Geen.


