Aug 25
Maak grootte saak? Nie vir God nie.
Maak nie saak hoe klein of groot die instrument is nie, in die Meester se Hand kan hy wondere verrig.
Dit is vir my vreeslik oulik hoe skoon die persoon wat die kennisgewing geskryf het se gedagtes moet wees. Ons het so bietjie meer van hierdie mense nodig.
Wat ons minder van nodig het is mense wat dink Liewe Heksie is onsedelik is want sy is darem baie op daai blerrie besemstok (of was dit die ge-toor?), en Noddy gaan reguit hel toe want hy is duidelik so gay soos ‘n boom vol papegaaie want hy en daai Big-ears ou deel ‘n bed. Daar is ook die vreesaanjaende bliksems wat elke okkulte en Satanistiese boek besit sodat hulle kan gaan oplees of Pokemon nie dalk ‘n demoniese naam agterstevoor is, of dat Yu-gi-oh dalk ‘Duiwel-se-penis-deur-my-ore’ in Noord-Viëtnamees beteken nie.
Die mense wat ‘n nasionale monument wil laat afhaal want dit lyk op ‘n haar soos ‘n penis met ‘n ereksie. Die simpel poepholle dink nooit daaraan dat dit net hulle verdraaide, siek verbeeldings is wat die kak raaksien nie. Jy moet heel varkerig wees om sulke konneksies te maak, maar die idee dat hulle behandeling nodig het kom nooit eers in hulle koppe nie.
Pasop vir preutse perverts!
2 comments2 Comments so far
Wat is jou gedagtes?

Hulle is verkeerd:
The size of the tool doesn’t matter in the Mrs. hand…
Nee wag, dit maak saak!!!
Dis net ‘n man wat nie sal worry of hy ‘n Allen key of ‘n torque wrench het nie – so lank hy werk en die ‘job’ gedoen kry, is alles okay
‘n Groot tang is nie die beste hammer nie maar beslis die mees populêre een.
Vrouens is MAL oor bottermesse gebruik vir skroewedraaiers, so hulle is definitief nie skuldloos nie!