My besoek aan die lisensie departement

Ek het gister my bestuurderslisensie gaan hernu. Dit was ‘n redelike lang wag, maar nie so erg soos ek verwag het nie. Ek dink dit is die geheim as jy enige staatsdepartement gaan besoek, lae verwagtinge. Dit is net as jy verwag om gou gou in jou etenstyd te wil deurskiet en vinnig jou lisensie/ID/lisensieskyfie wil kry dat jy erg geïrriteerd daar uitstap.

Die groot probleem, as jy my sou vra, is die manier waarop ‘n staatsdepartement werk. Jy word nie vergoed vir ekstra werk nie, jy kan wel in die kak trap as jy droogmaak. Enige normale mens se reaksie op daai werksomstandighede is om (a) Soveel as moontlik mense weg te wys na iemand anders “O, jammer jou naam begin met ‘n ‘W’, ons doen die ‘W’s’ net op Woensdae as jy seksie A, B en D ingevul het van die blou vorm” (b) So stadig as moontlik te werk om jou kanse op ‘n knaterflater te verminder, jy speel die persentasie speletjie (c) So onnosel as moontlik voor te kom, sodat mense jou nie met onnodige stront pla nie, maar eerder die ‘slimmer’ hulpvaardiger ou gaan soek.

My grootste irritasie by banke, en staatsdepartemente (hulle is verbasend eenders of hoe?) is daai mense, gewoonlik wit, bejaarde, engelse tannies, wat van die begin af daar is om kak te soek. Hulle vind ‘n siek plesier daarin om die moeilikste versoeke te rig, en dan in hulle beste panties te bollie as die versoek nie uitgevoer kan word nie-”NO, I told you, I want to transfer money from my 32 day notice account, into my credit card, via my savings account, so that the money shows on the quarterly statement that you need to print for me in triplicate on very light airmail paper so that I can airmail them to my husband in Australia!” Dan sug hulle altyd diep, skud hulle koppe stadig en draai om na die tou agter hulle om iemand te kry om te sien hoe hulle hulle oë rol. Ek haat dit as iemand in die tou dan sy skouers optrek in solidariteit en saam sug, met daai kyk wat sê “Ja, jong, hulle is maar deur die kak”

Ek gluur altyd die ou koei aan en probeer met my oë sê: “Dit is omdat JY te deur die kak is om die internet te gebruik om al hierdie stront self te doen, dat ek nou so lank wag! Jou bliksem!” Maar dit is moeilik om al daai oor te dra in ‘n kyk.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed