‘n Skelm lepel lê.

spooning cats

Ek weet nie of hierdie storie, oor ‘n Maleisiese skelm wat eers so rukkie wou lepel lê by die vrou wat hy besteel het, my ontstel of nie.

Aan die een kant haat ek fokken skelms en enige storie oor misdaad maak my kwaad. Maar hierdie storie het soveel vrae onbeantwoord gelaat.

Die skelm het blykbaar die huis in die nag besteel en toe hy sien die man slaap op die bank, het hy sy kans gesien en kaalgat agter haar in die bed gaan lepel. Natuurlik in die hoop dat sy sou dink dit is haar man wat kom inkruip.

Nou wonder ek, as ‘n man op die bank slaap is daar gewoonlik ‘n goeie rede. Sy vrou is die bliksem in vir hom! Ek weet nie of hulle in Maleisië dalk nog nooit gehoor het van Lorraine Bobbitt nie, maar jy gaan kruip nie kaal agter ‘n kwaai vrou in nie, al is sy jou eie!

Dit wys jou ook net hoe vreeslik mans en vrouens verskil. Die vrou het dadelik ‘n groot geraas gemaak wat die skelm laat vlug het. Wys vir my ‘n man wat eers sal gil as hy ‘n vrou agter hom in die bed kry voordat hy gekyk het of sy darem iets vir die oog is of nie.

Die verskil tussen Lorraine Bobbitt en die weerman? As Lorraine Bobbitt sê daar gan 6 duim val dan gaan daar 6 duim val!

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed