Net Jacob’s koffie vir my asseblief, ek’s ‘n snob

Ek raak so geïrriteerd met mense wat snobs is oor die kits koffie wat hulle drink. “O nee, net Nescafe Select Super Deep Roasted Platinum Edition vir my dankie”.

As jy regtig so fynproewer was sou jy besef het dat net gefiltreerde koffie of espresso kan klassifiseer as koffie. Die hele idee van kits koffie is dat jy iets wat amper soos regte koffie proe kan maak binne ‘n minuut. As dit regtig so asemrowend was sou koffie winkels mos lankal al net poeier gebruik het?

Dit is soos om te sê jy is ‘n sportmotor entoesias en dat jou ge-dropte Opel Astra met die turbo in al is waarin jy gesien sal word. Daar is niks fout met jou kar nie, en hy kan dalk ‘n M3 laat lyk of hy parkering soek, maar jy moet tog weet van Lamborghini, Ferrari, Aston Martin en Spyker? Ja, daar is regtig ‘n Spyker.

So, ek sê nie daar is fout met kits koffie nie, ek drink self baie daarvan, maar ek gaan my lyf nie fynproewer hou omdat ek net Jacob’s se R300 ‘n bottel Extra Superior Diamond Moroccan Full Roasted With a Cherry on Top drink, wat kakkerig proe na ‘n koppie regte espresso nie.

Relevante Stukkies:

  1. ‘n Large Regina en ‘n medium pappegaai-slaai asseblief
  2. Gee my die eerste 100 biljoen in twintigs asseblief.
You can leave a response, or trackback from your own site.

9 Responses to “Net Jacob’s koffie vir my asseblief, ek’s ‘n snob”

  1. zen says:

    Goeie ou Frisco vir my, dankie. Ek hou van kitskoffie wat jy drie moerse lepels kan ingooi en nie OD daarvan nie.

  2. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Elkeen van hulle het iets lekker, ek is ‘n Ricoffy ou, maar ek drink sommer enige kits outjie. As ek regtig lus is vir koffie haal ek my horing-oue 4 koppie espresso keteltjie uit.

  3. Trilwillem Trilwillem says:

    4-koppie keteltjie? WDF! Hoekom kry ek dan altyd net 1?

    Nescafe Gold vir my asb ;) Zen, mens kan nie OD op 10 lepels Frisco nie :D

  4. Worsbeursie Worsbeursie says:

    4 Espresso koppies knaters. Een koffie wat jou laat bewe en praat asof jy ‘fast forward’ gedruk het, of twee lekker koffies soos beskaafde mense drink (met ‘n dash kookwater) of vier van daai klein koppies soos ‘n dogtertjie se speelgoed tee stel wat net baie gesofistikeerde mense drink.

  5. Trilwillem Trilwillem says:

    Jy sien, nou dodge jy die hele kwessie….ek praat van toe ons die espresso’s met die 1920′s gekap het…of was dit dubbels? :D

  6. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Ja, dit was dubbels, met dubbel 1920′s ook. Man, maak jy my nou lus! Die portugese maak dalk nie een kar nie maar hulle mag maar ‘n brandewyn maak!

  7. zen says:

    Ek mag dalk nie OD op 10 lepels nie, maar dit gaan my nie keer om te probeer nie lol :) )

  8. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Paramedic 1: “Ek dink dit is ‘n koffie oordosis! Kry die adrenalien en defibrulator”
    Paramedic 2: “Ek dink ek het die oorsaak. Iemand het Nescafe in hierdie Frisco blik gesit! Ek dink nie hierdie was ‘n ongeluk nie”.
    Paramedic 1: “Dink jy dit kan die werk van die ‘koffie killer’ wees?

  9. zen says:

    “Iemand het Nescafe in hierdie Frisco blik gesit!” *lag haar gat af*

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed