Ons almal weet nou van Eugene, en van “Kill the Boer” en al die belaglike kak wat mense aanvang, en almal is so bietjie gespanne, veral as jy net khaki in jou klere kas het en liggies ‘boererig’ lyk.
Amper alle Afrikaners kan ‘n skaflike Nederlandse aksent doen, en as jy nie kan nie, probeer ‘n Amerikaanse aksent, maar in Afrikaans, en sê gereeld “Heerlik!” en “Heel skaflik” en noem almal “Jonge”. Die sin “Jy’s seker fokken mal om R200 te vra vir ‘n T-hemp?” sal so klink: “Jonge, jy is seker heerlik van lotjie getik om R200 vir ‘n T-hemp te vra? Heel skaflik, ja”.
Dan gaan koop jy hierdie t-hemp, en jy kan rondloop sonder om vermoor te word. Hulle gaan natuurlik in rye staan om sewe soorte kak uit jou te roof, maar jy sal dit oorleef.
Relevante Stukkies:



ek is darem nie ‘n boer nie so ek is nie bang nie. wtf ek plant tamaties in potjies in my agterplaas, dit maak my nie ‘n boer nie.