Oct 21
Om te onderhandel met ‘n krimineel.
Sê nou maar jy het jou kar as gesteel aangemeld by die polisie, omdat hy gesteel is en nie omdat jy dronk bestuur het en die kar van die pad af gejaag het in ‘n boom in nie. Veronderstel ook dat die polisie jou bel om jou mee te deel dat hulle jou kar gekry het en jy moet inkom, nie om hom uit te ken nie maar om met die skelm te onderhandel oor die wiele en die deure want hy voel geregtig om darem iets uit die hele ervaring uit te kry.
Ek weet nie want jou nie, maar ek sal daai polisieman en die skelm in hulle moere in stuur en daarop aandring om met iemand te praat wat nie op sterk dwelms of medikasie is nie.
Snaaks dat so baie mense dit van Mnr. Tsvangirai verwag. Bob Mugabe het volgens amper almal, wat nie Zanu PF is nie, daai verkiesing gesteel. Dit moet bliksems moeilik wees om te onderhandel uit daai posisie uit.
No commentsGeen gedagtes
Wat is jou gedagtes?
