Gisteraand roep my vrou my opgewonde maar gespanne nader aan die tv. “Hulle het nou Noot vir Noot onderbreek met Breaking News“. Daar is ‘n duisend kamera flitse wat afgaan, daar is ‘n tros mikrofone, asof hulle in die store gaan krap het vir nog, elke radio en tv stasie is op ‘stand-by’.
Toe sê ‘n deurmekaar swart omie van agter die mikrofone, asof hy nou wakker geword het en die hele ding vir hom net so groot verrassing is soos vir al die kykers “Nee, ek weet nie wat soek julle nie…….um………….. ek en my tjomme gaan nou eers uitvind waaroor ons moet gesels, en errrrrr…………………dan kan ons julle laat weet as ons nog gaan praat. Fokof nou, dit is laat en ek het klaar my slippers aan.”**
My vrou was hoogs die bliksem in. Sy is MAL oor Noot vir Noot en ek sal haar en Johan Stemmet nie alleen saam los nie. Ek dink dit is daai naby aan mekaar skrefies oë en die aangeplakte glimlag wat mens gewoonlik assossieer met seks ‘freaks’.
Ek was die bliksem in want hulle het my amper gehad met die “important message” ding, bliksems.
*Hierdie is van ‘n heel snaakse artikeltjie oor ‘n NASA nuus konferensie wat hier verskyn.
**’n Baie, baie los vertaling.
Geen.


