Apr 1

Oraait, so dit is Joost in die video…..

Category: Wat vang hulle aan

joost_amor

Ek het weer my vrou se Heat gelees en daar is ‘n artikel in waar die meisie in die video nou uitgekom het met die hele ou siek spul. Dit behoort nou redelik duidelik te wees dat dit wel Joost is in die video.

Hoe groot poephol kan iemand wees? Ek dink Joost het ‘n nuwe standaard gestel. As daar iets soos ‘n Richter skaal vir poephol-geit was, het hy op ‘n 9.2 geregistreer.

Die Worsbeursie Poephol skaal:

  • 5.4 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms.
  • 6.8 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms. Jy word gevang.
  • 8.2 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms. Jy word gevang, ontken die hele ding en sê “My hart is by die Here” en sodoende maak jy alle Christene lyk soos leuenaars en hoereerders vir mense wat dit lank al wil glo.
  • 9.2 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms. Jy word gevang, ontken die hele ding en sê “My hart is by die Here” en sodoende maak jy alle Christene lyk soos leuenaars en hoereerders vir mense wat dit lank al wil glo. Dan huur jy vir Mike Bolhuis om die mense wat die video geneem het te probeer opspoor om die storie te verander of te ontken.

Daar is baie mense wat glo dat Joost ‘mentally challenged’ is. Ek weet nie, is dit moontlik dat sy Medulla Rugbyata so groot ontwikkel het dat die res van sy brein te min suurstof gekry het? Dit is dalk net makliker om te glo dat hy fokken onnosel is as om te glo dat hy regtig ‘n gemene, agterbakse dwelmgebruiker en seksverslaafde is.

Net vir die rekord, ek dink nogsteeds die tabloid tydskrifte soos Heat is aasvoëls wat teer op ander mense se ongeluk, facelifts, boob-jobs, selluliet en gebroke huwelike en verhoudings.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?