Pasop vir jou gemorsposser!

Gert Lombaard, oud-rekenaarkundige van die voormalige regering se gevreesde veiligheidstak en later vryskut rekenaarkundige vir die Boeremag, het nou sy talente begin inspan in die geveg teen gemors e-pos of ‘spam’.

Gert is vrygespreek van enige boos doening tydens die destydse vryheids en versoenings kommissie na dit aan die lig gekom het dat die chaos in die toe-onwettige ANC se kommunikasie sisteem nie as gevolg van sy toedoen was nie maar as gevolg van onkunde. Selfs met sy vryskut werk vir die Boeremag het hy tegnies bedrog gepleeg deur te maak of hy die nuwe demokratiese regering se informasie sisteem moedswillig gesaboteer het. “Nee, daar was beslis niks wat ek kon doen om dit te vererger nie” sê Gert, “Hulle het hom heeltemal self tot op sy knieë gebring”. “Ek het maar heeldag ‘porn’ ge-surf”.

Nou het Gert ‘n nuwe blaadjie omgeslaan en gebruik sy talente om mense wat gemors e-pos aanstuur te kelder. Hy het dit reggekry om met ‘n baie gesofistikeerde metode, wat hy nog wil patenteer, die ‘spammer’ se e-pos adres en soms fisiese adres in die hande te kry en op subtiele maniere te laat verskyn op sterk anti-Amerikaanse, pro-terroris en Taliban webtuistes. Sommige van die ‘spammers’ is al deur die CIA en Amerikaanse weermag opgetel en eers na ‘n vernederende martel sessie vrygelaat.

“Toe ek op een dag 23 e-mails kry wat vir my vertel ek het ‘n klein peestertjie en dat ek Viagra nodig het om my meisie te bevredig het ek besluit genoeg is genoeg, en ‘n plan begin beraam om die f*kkers terug te kry”.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed