Feb 17

Persoonlikheidstoets met kleur voorkeur

Category: Glo jy die kak?

kleurtoets1

Hierdie is ‘n persoonlikheidstoets wat ek jare terug geleer het.

Hoe dit werk is, jy rangskik die kleure sodat die waarvan jy die meeste hou heel bo verskyn tot by die wat jy die minste van hou heel onder. Maak seker jy neem kennis van al die kleure voordat jy hulle neerskryf, daar is agt. Rangskik hulle, en sit hulle vir my in die kommentaar blokkie van 1 tot 8, 1 hou jy die meeste van, 8 die minste. Probeer om dit die eerste keer reg te doen want korreksies neuk liggies met die toets. Daar is ‘n rede hoekom die kleure uitgeskryf is en nie net die kleur in ‘n blokkie of sirkel geplaas nie. Jy is dalk MAL oor pers, maar die pers wat ek neersit is dalk so bietjie te ‘Laventel’ of ‘Mauve’ vir jou, en dan neuk dit weereens met die toets.

Iets wat ek vergeet het om te noem, is dat jy nie aan klere, huise of karre moet dink as jy aan die kleure dink nie. Dink aan die kleur in sy abstrakte losgemaakte sin. Niemand hou van ‘n oranje kar nie, maar is dalk mal oor oranje t-shirts. Sommige mense vind dit moeilik om net aan die kleur self te dink, maar probeer.

Ek sal dan die kleure analiseer en vir jou terugvoer gee. Ek sal sien hoeveel belangstelling daar is, en ek sal dalk moet halt roep êrens want dit kan nogal rof raak en ek het ‘n voltydse werk.

Ek sal dan, aan die einde van so paar toetse en terugvoering so bietjie van ‘n onthulling maak wat dalk vir jou interessant sal wees.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
15 comments

15 Comments so far

  1. DoosDeluxe February 17th, 2009 4:56 pm

    1. Donkerblou
    2. Donkergroen
    3. Pers
    4. Swart
    5. Bruin
    6. Geel
    7. Grys
    101. Oranje

    Fok, ek haat oranje!

  2. Bloubulbokkie February 17th, 2009 4:57 pm

    1. Pers
    2. Donker groen
    3. Swart
    4. Bruin
    5. Donker Blou
    6. Geel
    7. Oranje
    8. Grys
    ;-)

  3. Worsbeursie February 17th, 2009 5:19 pm

    Raait, DoosDeluxe, eerstens is jy redelik stabiel. Jou hoof strewes is vryheid en stabiliteit. Jy het op die oomblik min dryfkrag, en jy voel nie baie kreatief nie. Jy assosieer jou selfbeeld tog met kreatiwiteit. Jy het huidiglik probleme met intimiteit, iets soos seksuele frustrasie of dit kan dui op dieper probleme met seksuele identiteit, nie noodwendig nie, maar moontlik. Jy is glad nie geheimsinnig nie, en het ‘n gemiddelde selfbeeld. As jy iets doen aan jou ernstige tekort aan energie, sal jy heelwat meer gebalanseerd wees.
    Iets wat ek moes by las, en sommer nou sal, is dat jy nie aan klere, karre of huise moet dink as jy aan die kleure dink nie, bloot net aan die kleur in sy abstrakte sin.

  4. Worsbeursie February 17th, 2009 5:28 pm

    Oraait Bloubulbokkie,
    Jy is werklik ‘n oop boek, baie min geheime met jou. Jy strewe daarna om meer intimiteit te ervaar of seksueel te voel, jy assosieer dit met vryheid. Dit kan wees dat iemand of iets keer dat jy intiem kan verkeer, of dalk sosiale of geloofskwessies wat jou ‘inhok’. Jou selfbeeld is bietjie laag op die oomblik, en dit pla jou. Stabiliteit is nie vir jou so belangrik nie. Jy het min dryfkrag op die oomblik. As jy jou selfbeeld en intimiteits issues oplos, en jou dryfkrag so bietjie optel sal jy baie gelukkiger en meer gebalanseerd wees.

  5. DoosDeluxe February 17th, 2009 9:55 pm

    Mmmm… Daai stukkie oor die seksuele frustrasie maak sin… PleinDoos is vandag (en gister, en so bietjie eergister…) relatief kil gewees. Ek het glad nie al my Kelloggs gekry nie!

    Stuur bietjie daai toets aan, asseblief!

  6. Worsbeursie February 18th, 2009 8:31 am

    Jammer man, ek het die toets destyds met ‘n ‘Leun-verklikking en ondervragings’ kursus geleer. Ek het al die papierwerk verloor, maar ek onthou meeste van die goed. Daar is ‘n baie langer toets wat rooi, pienk en so paar ander kleure in het, maar ek kan NIKS van hom onthou nie.
    Jammer om te hoor van PleinDoos, maar wys vir haar hoe erg dit jou affekteer as jy nie jou Kellog’s kry nie :D

  7. Bloubulbokkie February 19th, 2009 1:12 pm

    Dankie WB..van die goedjies is waar. Seks pla my glad nie en jy’s reg, wens dit was ‘n grooter faktor in my lewe want dit gaan my toekomstige huwelik (20 Feb 2010) beinvloed. Dalk oor ek ‘n free soul is pla dit my nie. Jip, my selfbeeld is baie laag want ek het lekker dik geword die vakansie..he he he eh. Stadig maar seker besig om die vettjies terug te pos waar hulle vandaan kom! Ek is verveeld by die werk, geen stimulasie…tyd vir ‘n career change!
    Dankie baie x

  8. Hasie July 16th, 2009 4:04 pm

    1. Geel
    2. Pers
    3. Oranje
    4. Grys
    5. Swart
    6. Donkergroen
    7. Donkerblou
    8. Bruin

  9. Worsbeursie July 16th, 2009 4:25 pm

    Oraait Hasie, hier gaan hy. Dit is ‘n baie interessante een, dankie.

    Jy strewe na meer kreatiwiteit, en dit word spesifiek met intimiteit gekoppel. Jy soek dalk na meer kreatiwiteit en meer intimiteit en die twee het nie veel met mekaar te doen nie, maar ek vermoed hulle is gekoppel.
    Jy het heelwat dryfkrag op die oomblik, maar jy is redelik geheimsinnig daaroor. Die feit dat jy so min vryheid het pla jou. Jy voel met ander woorde ingehok. Jy het moontlik nie op die oomblik ‘n wonderlike selfbeeld nie, en die feit dat jou familie lewe of sosiale lewe nie in ‘n goeie toestand is nie, het daarmee te doen. Jy is moontlik heel kunstig gesind.

  10. donmulto July 16th, 2009 6:16 pm

    donker groen
    bruin
    pers
    swart
    donker blou
    grys
    geel
    oranje

    hoop jy antwoord my nog!

  11. Worsbeursie July 16th, 2009 6:47 pm

    Donmulto, ek het nog tyd vir een voor ek gaan afsit :D

    Jou hoof ambisie is vir vryheid. Jy assosieer die ambisie met jou selfbeeld. Ek sou raai dat jy nie ‘n swak selfbeeld het nie (laat my asseblief weet of ek reg is hieroor).
    Ek sou nie verbaas wees as jy gay is nie. Dit is nie noodwendig waar nie, jou kleur keuses kan ook op seksuele trauma van ‘n soort in jou verlede dui. In elk geval, jy definieer jouself deur jou seksualiteit. Jy voel nie vreeslik stabiel nie, maar dit is nie noodwendig vir jou ‘n probleem nie. Hierdie onstabiliteit wys jy nie vir ander nie, maar dit gesê, is jy nie ‘n baie geheimsinnige mens nie. Jou gebrek aan kreatiwiteit en dryfkrag kan jou dalk pla. (Ek maak baie sterk veronderstellings met jou kleurtoets, maar die punt van die eksperiment is juis om te toets hoe effektief dit is, so gee my asseblief terugvoer)

  12. Lisa July 23rd, 2009 12:34 pm

    Pers
    Swart
    Donkergroen
    Donkerblou
    Grys
    Oranje
    Bruin
    Geel

  13. Worsbeursie July 23rd, 2009 3:13 pm

    Wow Lisa, baie interessant. Volgens die kleure is jy heel moontlik gay/lesbian, of jy het een of ander seksuele trauma ondervind toe jy jonger was. Jy hou baie moontlik van tattoos en piercings. Dit klink dalk asof jy heeltemal ongebalanseerd is, maar jy is nie. Jy is heel tevrede met jou huidige stand van sake, persoonlik en professioneel. Kanse is goed dat jy in ‘n stabiele verhouding is. Jy wys jou huidige tekort aan dryfkrag nie vir ander mense nie. Jou selfbeeld is nie ‘n probleem nie, en jy is tien teen een iemand wat ‘n logiese, analitiese werk doen, want sien jouself nie as baie kreatief nie. Dit is ook iets wat jy nie graag wys nie.
    Laat my asseblief weet hoe ek gedoen het, lyk my niemand wil terugvoering gee nie. Is dit omdat ek so kak sleg is met die toetse, of dalk omdat ek te veel pynlike waarhede kwytraak? Ek vermoed dit is omdat dit so vêr mis is.

  14. Anita May 7th, 2010 7:54 pm

    pers
    geel
    swart
    donker blou
    donker groen
    bruin
    grys
    oranje

  15. Worsbeursie May 7th, 2010 8:46 pm

    Hi Anita, onthou asseblief om vir my terugvoering te gee.
    Huidiglik is jou grootste prioriteit kreatiwiteit of vernuwing in jou intieme/seksuele lewe. Dit lyk vir my of jy op die oomblik probleme met jou gesinslewe het, dit kan dalk die vernuwing waarna jy streef verduidelik. Jy het ‘n redelike selfbeeld, en jy assosieer jou selfbeeld met vryheid en onafhanklikheid. Jy is nie baie geheimsinnig nie, en ‘go-getter’ gedagtes is een van jou laaste prioriteite. As jy jou persoonlike lewe onder beheer kry, en meer dryfkrag vind, sal jy baie meer gebalanseerd wees.

Wat is jou gedagtes?